JOU DAG
Die Son skuif tot 23 Augustus tot in die teken van die verstandige Maagd.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n intense en presiese mens. Oor die komende jaar moet jy van familie en vriende 'n belangriker prioriteit maak.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Met die Son wat tot in jou selfdunksone skuif, is dit tyd om reguit en pragtig te raak. Soos Madonna - 'n mede-Leeu - dit stel "Ek is 'n voorstander van dit te doen waarin jy glo, en om jou drome te volg."
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Die Son besoek die Maagd tot 23 September. Ruk jou dus reg en wys die wêreld hoe kreatief, selfversekerd en vernuftig jy kan wees. Moenie jou lig onder 'n maatemmer verberg nie. Kom uit en begin skyn!
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Stop vir 'n oomblik en kyk om jou, Weegskaal! Jy is gretig om andere te help, maar maak seker dat jy ook bietjie tyd opsy sit vir alleendoendinge. Afsondering is tans voedsel vir jou siel.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Oor die volgende vier weke skyn die Son 'n helder lig op klubs, klasse, organisasies en slim netwerkvorming. Die mag van die groep is beslis aan jou kant, so benut dit ten volle, Skerpioen!
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy sal tuis vordering maak as jy kollegas met jou sjarme bekoor en met kennisse netwerkvorming doen. Behendige diplomasie en strategiese sosialisering sal jou beslis heelwat verder bring as die stel van vurige eise.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Die Son en Mars aktiveer jou avontuursone. Jy is ook gretig om presies te sê wat jy dink. Maar pasop vir die neiging om jou Steenbok-mond behoorlik verby te praat!
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Waterdraers is in speur-modus. Julle geniet dit om 'n moordraaisel te lees of om 'n onderwerp wat julle interesseer, na te vors. As julle dieper kyk, sal julle sien wat werklik aangaan.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Visse is in 'n bui vir toegewings maak, aangesien die Son kameraadskap en harmonie aanmoedig. Oor die komende maand sal jy strewe na meer vrede en kreatiwiteit in jou intieme verhoudings.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Die Son skyn 'n helder kollig op gesondheid en welsyn oor die volgende vier weke. Dit is dus 'n goeie tyd om jou daaglikse dieet te hersien en jou oefenprogram te verfris. Voorkoming is beter as herstel!
BUL, 21 APR.-21 MEI
Vandag skyn die Maagde-Son op verhoudings met kinders, tieners en vriende. Fokus op die ooreenkomste wat jy met ander mense deel, terwyl jy hulle sterk punte vier en hul drome aanmoedig.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Tweelinge is in die bui vir bietjie vredevolle rus en ontspanning - verkieslik tuis. Dit is dus 'n gepaste tyd om jou leefarea te verfraai deur 'n vinnige skoonmaak en opruiming. Sit dan terug en laat jou voete rus.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Die Son en Mars roer jou rustelose sy aan. Jy is dus gretig om 'n reis aan te pak of om een te beplan vir die nabye toekoms. Gebruik jou tyd en maak seker dat jy al die reisreëlings deeglik nagaan.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















