JOU DAG
Die Nuwemaan is hier, so beraam jou planne vir die maand wat voorlê.
AS JY VANDAG VERJAAR
Is jy georganiseerd en betroubaar? Die volgende 12 maande is die tyd om jou basiese selfdunk en jou innerlike selfvertroue op te bou.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Met die Nuwemaan in jou teken, is dit die beste tyd van die jaar om met 'n projek te begin of om veranderings in jou lewe aan te bring. Bewerkstellig 'n praktiese plan, en voer dit dan met selfvertroue en toewyding deur.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Die Nuwemaan stimuleer jou afsonderingsone, so strewe vandag na 'n bietjie vrede en stilte iewers privaat, Weegskaal. Jy sal sien dat spesiale alleentyd tans absoluut noodsaaklik is vir jou.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Die Nuwemaan skyn 'n helder kollig op jou verwagtinge en drome vir die toekoms. Die Son moedig jou aan om na goud te mik, terwyl die Maan jou help om dinge met volop doelgerigtheid en deursetting deur te voer.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Daar gebeur baie dinge by die skool of werk, so tree agteruit en bekyk die huidige situasie uit 'n vars oogpunt. Jy sal sien dat duidelike kommunikasie die geheim is tot die verhoging van jou uitsette en sukses.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
As jy jou ambisieuse doelstellings vir die toekoms aanjaag, sal jy net gefrustreerd raak. Kry eerder 'n slim en strategiese plan. Wag dan geduldig vir die geskikte oomblik om toe te slaan.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Die toweragtige Nuwemaan toon dui altyd aan wanneer dit tyd is vir 'n ratoorskakeling in 'n belangrike aspek van die lewe. Vandag dui die hemele op 'n vars begin, en dit sluit 'n intieme verhouding of 'n gesamentlike geldkwessie in.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Wanneer jy jouself uitdruk, moet jy nie aankarring en dan afwyk na 'n vae en verwarrende terrein toe nie. Duidelike kommunikasie kan sorg dat jy op kreatiewe en bevredigende maniere met ander mense kontak maak.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Skenk noukeurig aandag aan jou gesondheid en fiksheid, aangesien die Nuwemaan jou welsynsone aktiveer. Deelname aan buitemuurse aktiwiteite sal lei tot meer energie, produktiwiteit en lus vir die lewe.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Met die Nuwemaan wat jou vermaak/stokperdjiesone energie gee, moet jy meer doen waarvan jy hou. Begin beweeg, skeppend, musikaal, sportief - waarvan jy ook al hou. Daar is geen verskoning vir verveeldheid nie!
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Sukkel jy om kontak te behou met 'n geliefde? Die Nuwemaan moedig julle aan om weer met mekaar te begin gesels, terwyl julle daaraan werk om verwarring uit die weg te ruim en die kommunikasiekanale oop te hou.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Die Nuwemaan moedig jou aan om nabye kontak te maak met 'n familielid of buurman, terwyl jy tot die kern van 'n probleem probeer deurdring. Maak net seker dat jy jou idees duidelik en bondig oordra.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Met die Nuwemaan in jou geldsektor, moet jy voorraadopname doen van jou huidige finansiële situasie. En moenie vergeet om ook jou innerlike gesondheid na te gaan nie. Dit sluit jou selfdunk en basiese beginsels in.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















