Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 6 September 2019

JOU DAG

Jupiter lê haaks met Mercurius, so dink voordat jy praat of optree!

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie skaam wees om jou talente aan te gryp en jou roeping te volg nie. Oor die volgende 12 maande moet jy die wyse raad van 'n vriend, leermeester of mentor aanvaar.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Moenie vandag te veel aanpak nie. Energie is volop, dus is irritasievlakke ook. Probeer jou bes om wyd te hou om irriterende mense en sensitiewe onderwerpe, aangesien dit moeilik sal wees om jou ware gevoelens te verberg.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

As jy 'n voortslepende probleem met 'n familielid of buurman het, moet jy nie instorm en 'n sensitiewe situasie verongeluk nie. Meer geduld word benodig as jy wil help, eerder as om te hinder.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy het 'n sterk begeerte om ander mense te oorreed om te doen wat jy wil hê hulle moet doen. Maar as jy probeer om mense te beheer of te manipuleer, sal jou dag lank en uitputtend raak. Ontspan, dus, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Dramas en onderbrekings is vandag baie moontlik, tensy jy super aanpasbaar kan wees en kalm bly. 'n Geliefde of kollega voel gefrustreerd, so moenie vinnige opmerkings alte persoonlik opneem nie.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

As jy reguit en/of baasspelerig is, kan jy jouself in 'n vurige onderonsie of 'n morsige misverstand bevind. Duidelike kommunikasie en sterk leierskap is die geheim tot 'n bevredigende dag.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Daar kan vandag 'n paar onderbrekings en misverstande voorkom, Waterdraer, terwyl ander mense op jou vredeliewende tone trap. Jy weet wat jy self wil doen, maar dis dalk nie wat ander mense verwag of waarvan hulle hou nie.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Lewendige kommunikasie word beklemtoon, terwyl die vonke spat tussen jou en 'n kollega of geliefde. Moenie verwag om oor alles saam te stem nie en moenie haastig raak nie. Maak seker dat jy al die inligting deeglik nagaan.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme is vurige skepsels en jy is vandag in die bui vir vurige debat. Wend liewer jou geestelike energie beter aan deur studies, navorsing of die uitwerk van 'n oplossing vir 'n hardnekkige raaisel of probleem te takel.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy deurdink dinge gewoonlik op 'n versigtige en deeglike manier. Maar iemand mag jou dalk vandag probeer dwing om 'n besluit te neem. Neem jou tyd. As jy jou antwoord afjaag, kan dit jou dalk later berou.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Emosies en energievlakke sal vandag wissel, so pas jou daarby aan. Dit sal maklik wees om andere te ontstel, ten spyte van jou goeie bedoelings. Weerstaan die versoeking om wraak te neem. Probeer jou liewer in toom hou.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy het vandag 'n enorme hoeveelheid geestelike energie tot jou beskikking, maar moenie te veel aanpak nie. Sorg vir heelwat ruimte in jou oorvol program, anders sal jy op die ou end net oorweldig voel.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jy moenie vandag 'n baasspelerige Leeu wees nie, en strewe daarna om eerder selfgeldend as aggressief te wees. As jy te doen kry met 'n sensitiewe geliefde, probeer om die drang om hom/haar te oordeel en vinnige gevolgtrekkings te maak, te onderdruk.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM