Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 7 Desember 2018

JOU DAG

Dit is die perfekte dag om van 'n ou gewoonte af te sien of 'n opwindende nuwe projek aan die gang te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

2019 is die jaar om hard te werk en slim te spaar. Moenie te veel stres nie. Los genoeg plek in jou lewe vir kuier en pret.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die versoeking om baasspelerig te wees. Kompromie en geduld is die sleutel tot 'n nuwemaan-dag sonder spanning. Berei jou voor op 'n vars begin wat opvoeding, avontuur of reis betref.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die nuwemaan toon 'n aansporing vir gesamentlike geldsake. Indien jy 'n berekende risiko loop, kan dit verrassend goed uitwerk, solank jy eers jou finansiële huiswerk deeglik doen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Berei jou voor op 'n oplewing in jou verhouding. Verbonde Tweelinge sal na 'n ernstige nuwe fase van 'n langtermynvennootskap beweeg. En sommige gelukkige enkellopendes sal iemand ontmoet wat gereed is om ernstig te raak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met die nuwemaan en Jupiter wat deur jou welsynsone spring, is die fokus op gesondheid, fiksheid en pret. Maar moet dinge nie oordoen nie, anders gaan jy 'n superronde Kreef wees teen Kersfees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Maak jou reg vir 'n oorvloed van partytjies voor Kersfees, aangesien die nuwemaan jou vermaaklikheidsone verhelder. 'n Moontlikheid vir 'n vakansie wink, maar gaan al die reisreëlings weer na.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die nuwemaan moedig jou aan om 'n paar uitstaande veranderings aan jou huishoudelike lewe te maak terwyl jy dinge op die tuisfront aanroer. Moenie skielik roekeloos raak met kontant en krediet nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die Boogskutter-nuwemaan vuur jou kommunikasiesone aan. Daarom is dit tyd om stimulerende gesprekke, los praatjies, goeie tye, dramas en drome te deel. Moenie alles glo wat jy hoor nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verbind jou tot 'n verantwoordelike, nuwe geldplan, terwyl die nuwemaan jou geldsake aanroer. As jy nie jou eie geldsake kan behartig nie, moet jy die dienste van 'n finansiële adviseur of makelaar gebruik.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dankie tog dat die Booskutter-nuwemaan jou pap batterye herlaai. Jy is in die bui om aan 'n sportbyeenkoms deel te neem, te gaan perdry, oefeninge te doen, te studeer of om 'n belangrike vakansie te beplan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Geniet 'n stil aandjie tuis saam met geliefdes aangesien die nuwemaan jou privaatheidsone beklemtoon. Sommige Steenbokke gaan in die aanloop tot die Kerstyd groot veranderings om die huis aanbring.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wees ekstra versigtig wanneer jy bestuur. Moenie jaag nie. En dink mooi voor jy dinge uitblaker wat jy later sal berou. Jy is lus om die verhoudingsbootjie te skommel, maar is dit die beste ding om te doen?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Voel jy verward oor jou loopbaan? Die nuwemaan aktiveer jou werksone. Dink lank en behoorlik na oor kreatiewe veranderings wat jou werkervaring in 2019 kan verbeter.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM