Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 7 Junie 2019

JOU DAG

Vandag se sterre begunstig die innoverende oplos van 'n probleem.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature sjarmant en vermaak graag ander mense. Die volgende 12 maande is die tyd om positief te dink en proaktief te wees.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy sal vandag sien dat jy maklik verveeld raak, Tweeling. Dit is dus 'n goeie tyd om met 'n uitdagende stokperdjie of professionele projek, wat jou gedagtes stimuleer en jou ingebore nuuskierigheid bevredig, te begin.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Voel dit asof jy op 'n emosionele wipplank ry, Kreef? Daar is vandag 'n paar uitdagings om aan te pak. En jy gaan dit die beste regkry as jy ander mense kan oorreed om saam met jou, eerder as teen jou, te werk.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die meeste Katte is dol oor klets! En die huidige planetêre patrone verhoog jou nuuskierigheid, en jou neiging om baie te praat. Jy het sekerlik heelwat om kwyt te raak, maar neem jou tyd en luister ook na ander mense.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Maagde is gewoonlik geestelik uitgeslape en presies. Maar jy moenie vandag te veel oor situasies te dink en hulle te veel ontleed nie. Die planete moedig jou aan om na die groter prentjie te kyk. Dan sal jy daarvolgens reageer.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Moenie tyd mors deur jou te bekommer oor die plek waarheen jy op pad is nie, Weegskaal. Aktiewe verbeelding en kreatiewe visualisering is twee uitstekende maniere om die toekoms te beskou. En dit dan na die werklikheid om te skakel.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

'n Intieme verhouding met 'n geliefde het die kans om te verdiep. Vermy dus kunsmatige onderwerpe, en praat liewer op 'n meer filosofiese manier oor kwessies wat op jou hart lê.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Dit is 'n goeie dag om jou toewyding aan 'n vennootskap te vier, hetsy van die romantiese, platoniese of sake-soort. Wat 'n gesinskwessie betref, moet jy eers die feite nagaan voor jy kommentaar lewer.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Wees proaktief met die verbetering van intieme verhoudings. Jou huidige motto kom dus van David Bowie, wat ook vandag sou verjaar. "Die belangrikste ding wat jy ooit sal leer, is om net liefde te gee en dan ook so liefde terug te ontvang."

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy word tans omring deur intrige, aangesien geheime wat voorheen bedek was, hulle verskyning maak. Maak dus seker dat jy enige nuwe inligting so kreatief en diskreet as moontlik takel.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Fokus op die manifestering van die lewe wat jy in die toekoms wil lei, sonder om te konvensioneel te werk te gaan. Wees avontuurlik! Soek ook ekstra maniere om kontakte op te bou - aanlyn en in jou gemeenskap.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

As jy ander mense probeer oortuig van jou idees - en dit op 'n baasspelerige manier doen - sal jy jou in weerstand uit alle oorde vasloop, Ram. Bly dus vandag ontvanklik vir 'n wye verskeidenheid sienings en menings.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Is jy hardkoppig oor 'n persoonlike kwessie of 'n professionele saak? Die sterre moedig jou aan om 'n ander benadering te beproef, terwyl jy verkies om die probleem op 'n kreatiewe en buigsame manier op te los.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM