JOU DAG
Moenie vandag meegevoer raak deur onpraktiese idees nie.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n bedagsame mens wat graag ander help. Oor die volgende paar maande moet jy jou tyd gebruik om gereelde oefenmetodes in jou besige roetine in te werk.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Het jy lank laas tyd saam met 'n kind, tiener of intieme vriend deurgebring? Maak seker dat jy hul individualiteit respekteer en waardeer dat hul standpunte van jou eie verskil.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Die Boogskutter-maan moedig die aanvuur van 'n vervelige huishoudelike roetine aan, terwyl jy kreatiewe maniere vind om daaglikse takies genotvol te maak. Bring tyd saam met 'n vriend of troeteldier deur.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Sosiale media, kommunikasie, gesprekke en opvoeding word vandag begunstig. Soek na eendersdenkende mense in jou buurt. Dink wyd en tree plaaslik op.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Moenie waardevolle tyd mors deur jou oor geld te bekommer nie. 'n Kombinasie van 'n vaardige sin vir sake en intuïsie sal jou in die regte rigting lei. Werk daaraan om jou basiese selfbeeld op te bou.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Vandag se sterre begunstig studie en reis aangesien jou nuuskierigheid jou na 'n splinternuwe avontuur dryf. Is 'n verhouding met 'n geliefde wankelrig? 'n Tikkie diplomasie sal jou help.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Voel jy gespanne? Sit tyd opsy om jou pap batterye van binne te herlaai. Meditasie, nabetragting, joga en wandelings in 'n natuurlike omgewing word aanbeveel.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Slim Waterdraers, neem 'n kreatiewe konsep en verander dit in 'n praktiese projek. Moenie aanneem dat jy weet wat ander dink nie. Maak seker dat jy toepaslike vrae stel en luister aandagtig.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Dit is 'n goeie dag om jouself uit te druk. Jou huidige motto kom van die ontslape skrywer Anaïs Nin, wat ook onder die teken van die Visse gebore is: "Jy behoort nie aan enigiemand die mag te gee om te besluit wat reg of verkeerd is in jou kreatiwiteit nie."
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Die maan is in die Boogskutter; dus gaan jy fisiek rusteloos, geestelik nuuskierig en emosioneel prikkelbaar voel. Jy is gereed vir aksie en avontuur, maar vermy dit om vinnige, halfgebakte gevolgtrekkings te maak.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Het jy in 'n passiewe groef vasgeval? Die sterre moedig jou aan om meer avontuurlik te wees, jou gemakskoene uit te skop en aan die gang te kom. Wat liefde betref, kyk weer daarna.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Moenie vandag verhoudings as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit is tyd om 'n probleem met jou maat, eks, vriend, kennis of kollega aan te pak. Toegewings is die sleutel.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Versorg jou liggaam met goeie kos en oefening, terwyl die maan jou welsynsone stimuleer. Wat jou vriendekring betref is dinge besig om teen 'n vinnige tempo te verander.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















