Sterre

Jou sterre Woensdag, 22 Mei 2019

JOU DAG

Positiwiteit en proaktiwiteit sal jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n produktiewe mens wat nie sommer tou opgooi nie. Maak net seker jy is nie te hardkoppig nie. Doen jou bes om jou by veranderende omstandighede aan te pas.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy voel vandag ekstra optimisties en vrygewig. Maar maak seker dat jy tyd inruim om alleen te ontspan en af te wentel. En moenie meer belowe as wat jy werklik kan lewer nie.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Streef daarna om so reguit, eerlik en geesdriftig moontlik te wees as jy probeer om iets te bereik - of iemand oor te haal. Systappery sal julle vinnig nêrens bring nie, Krappe!

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jy verkies om dinge op 'n vurige en proaktiewe manier in die openbaar te doen. Maar van die werk wat agter die skerms gedoen word, kan tot 'n bevredigende sukses in die toekoms lei. Laat sak dus jou kop en gaan voort.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy het 'n menigte ekstra verpligtinge, maar dis niks wat jy nie kan baasraak nie. Groepsprojekte en internasionale bande word bevoordeel terwyl jy jou in avontuurlike nuwe rigtings uitstrek.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Vandag se sterre bevoordeel die samewerking met eendersdenkende mense. Die deel van inligting - en die vermoë om aan te pas by skielike veranderinge - sal jou in 'n positiewe posisie plaas, veral by die werk of die skool.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die huidige sterre beklemtoon verhoudings, gesamentlike pogings, die vorming van sosiale netwerke en pret saam met vriende. Hoe meer jy verbindings met ander kulture verken, hoe suksesvoller sal jy wees.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Ander soek vars idees by jou; dus is dit tyd dat avontuurlike Boogskutters die pad aanwys. Maar dit gaan tans woes by die werk, want 'n kollega of kliënt verander gedurig van gedagte.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Streef vandag daarna om kommunikasie met familie en vriende aan die vloei te hou. Jy kan onderbrekings langs die pad verwag. Maar jy sal ontdek dat 'n buigsame en prettige houding jou sal help om die veranderende omstandighede die hoof te bied.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Was jy ietwat verveeld? Vandag se sterre verskaf die geleentheid om 'n muwwe roetine tuis of by die werk op te skud; dus moet jy kreatief raak. Dis ook 'n fantastiese dag om op 'n groot avontuur te gaan.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Dis 'n goeie dag om met vriende te kommunikeer of 'n groot ophef in die sosiale media te maak. Kanaliseer ook jou energie en geesdrif na 'n kreatiewe projek. Dan sal jy werklik begin om vorentoe te stoom, Visse.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Saketransaksies en geldsake word vandag beklemtoon, Ram, solank jy net bereid is om 'n slim, berekende risiko te neem. Die môrestond het beslis goud in die mond!

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy's gretig om vandag oor 'n groot verskeidenheid onderwerpe te gesels terwyl jy idees met familie, vriende en kennisse deel. Persoonlik sowel as aanlyn. 'n Onbevange gemoed sal jou ver bring.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM