Styl

1 bekende, 6 uitrustings!

Gisteraand was die jaarlikse American Musica Awards (AMA's). ’n Paar uitrustings het uitgestaan in die see van bekendes wat hul beste stylvoet wou voorsit.

Model Gigi Hadid het 6 keer van uitrusting verander. Sy het die aand op die rooi tapyt afgeskop met ’n deursigtige en skouerlose wit kantrok. Dit was beslis een van ons gunstelinge.

Embed from Getty Images

Kyk in die galery hier onder na Gigi se ander uitrustings.

Nog ’n wit uitrusting, Lady Gaga se broekpak, was een van ons gunstelinge. Ons is so bly die dae dat sy op die rooi tapyt net wou skok, is verby.

Embed from Getty Images

Selena Gomez se klassieke rooi rok het ook ons asem weggeslaan.

Embed from Getty Images

Sanger-aktrise Teyana Taylor het sensasioneel gelyk in ’n deursigtige en skouerlose swart rok.

Embed from Getty Images

Hailee Steinfeld skitter in ’n smaraggroen kortbroek met ’n draperende top. Ons is ook gaande oor haar wynrooi lipkleur saam met haar uitrusting.

Embed from Getty Images

Kyk hier na Gigi se ander uitrustings:

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM