Styl

12 finaliste vir Mej. SA aangewys

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die 12 finaliste vir Mej. Suid-Afrika 2023 is Donderdag bekendgemaak.

Die 2023-wenner sal op 13 Augustus by Sun International se SunBet-arena by Time Square in Pretoria gekroon word.

Die Mej. Suid-Afrika-finaliste vir 2023 is van links voor Ané Oosthuysen (25), Anke Rothmann (23), Homba Mazaleni (23), Lebohang Raputsoe (24), Nande Mabala (25) en Jordan van der Vyver (27). Agter van links is Lungo Katete (26), Keaoleboga Nkashe (27), Natasha Joubert (25), Levern (Donnatella) José (23), Bryoni Govender (26) en Melissa Nayimuli (27).   Foto: Yolanda van der Stoep

"Dit beloof om 'n skouspelagtige en vermaakbelaaide vertoning te wees en sal gepas tydens Vrouemaand plaasvind," sê die Mej. Suid-Afrika-organisasie in 'n verklaring.

Die finaliste is Ané Oosthuysen (25) van Vanderbijlpark, Anke Rothmann (23) wat die Noord-Kaap verteenwoordig, Bryoni Govender (26) van Kempton Park, Homba Mazaleni (23) van Gonubie, Jordan van der Vyver (27) van Durbanville, Keaoleboga Nkashe (27) van Itsoseng, Lebohang Raputsoe (24) van Sharpeville, Levern (Donnatella) José (23) van Kimberley, Lungo Katete (26) van Midrand, Melissa Nayimuli (27) van Butterworth, Nande Mabala (25) van Zwelethemba en Natasha Joubert (25) van Tshwane.

Die deelnemers verteenwoordig vyf provinsies - Gauteng het vyf (insluitend twee van die Vaaldriehoek en een van Tshwane), gevolg deur die Wes-Kaap, die Noord-Kaap en die Oos-Kaap elk met twee terwyl Noordwes met een finalis spog. Hulle is 'n indrukwekkende groep en sluit in 'n prokureur, 'n sportwetenskaplike, 'n apteker en 'n vier keer gegradueerde wat grade in sielkunde en mediese sosiologie het.

Die wenner van die People's Vote was Lungo Katete van Midrand, wat 'n meestersgraad in argitektuur van die Universiteit van die Witwatersrand het.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM