As daar één ding is wat celebs graag doen, is dit om met hul hare te eksperimenteer! Of dit nou 'n nuwe kleur, snit, verlengings of selfs 'n kaalgeskeerde kop (buzz cut) is - daar's vir seker 'n bekende wat vanjaar al so 'n haarstyl gedra het. Hiér wys ons jou die grootste haar-transformasies sover in 2017. Wie weet? Dalk inspireer van die style jou óók om 'n bietjie pret met jou hare te hê!
Verlede week die aktrise Diaan Lawrenson haar kenmerkende blonde "lob" verruil vir 'n kort kapsel danksy Tosca Salon (foto deur SJ van Zyl). Ons en talle SARIE-lesers is mal oor die vars voorkoms!
Dis nie die eerste keer wat Diaan 'n nuwe haarstyl probeer nie. Sy lyk mooi met enige haarkleur of -snit!

Kyk ook na dié bekendes se uiteenlopende haar-transformasies:
Angelique Gerber
Die plaaslike ster het haar kenmerkende blonde hare onlangs donkerbruin gekleur.
Karlie Kloss
Platinumblond is tans 'n baie gewilde haarkleur! Die supermodel het onlangs ook haar hare dié kleur gekleur.
Cara Delevingne
Cara het glo al haar hare vir 'n filmrol afgeskeer. Tans spog sy met 'n wit pixie.
Sarah Jessica Parker
Sedert verlede maand spog dié veteraan-aktrise nou óók met 'n bob.
Karlien van Jaarsveld
Karlien het haar lang lokke vir 'n korter lob verruil.
Olivia Wilde
Ons is mal oor dié aktrise se blonde én donkerder bob.
Selena Gomez
Die sanger het haar hare in 'n gemaklike, los lob gesny.
Emma Roberts
Ons was mal oor Emma se "blorange" (blonde + orange)haarkleur. Sy het vroeër vanjaar egter weer 'n brunet geword.
Katy Perry
Katy eksperimenteer al heeljaar met haar hare. Tans dra sy dit in 'n platinumblonde pixie.
Kristen Stewart
Dié aktrise was die eerste om al haar hare af te skeer. Nou is dit 'n gewilde Hollywood-snit.
















