Styl

2017 se beste rooitapyt-rokke

Elke jaar word die rooi tapyt neergegooi vir 'n seisoen vol glansgeleenthede en gesogte toekennings, soos die Golden Globes en die Oscars. In 2017 het 'n paar bekendes die SARIE-modespan se koppe laat draai.

Hier's ons top-voorkomste vir 2017:

Die Amerikaanse aktrise Evan Rachel Wood het vanjaar geskitter in broekpakke. Maar die treffendste een was beslis die wit wyepypbroekpak. Dit bly 'n treffer!

Foto: Dan MacMedan/Getty Images
Foto: Dan MacMedan/Getty Images (Dan MacMedan)

Jennifer Lopez het vanjaar 'n rok gedra wat SARIE se redakteur, Michélle van Breda, as een van die mooiste rokke nóg beskou. "Die kleur, die styl, dis perfek!"

J-Lo is ook nie bang om smeulend aan te trek nie. Kyk net haar treffende swart rok.

Foto: Dia Dipasupil/Getty Images
Foto: Dia Dipasupil/Getty Images (Dia Dipasupil)
Foto: Jason Koerner/Getty Images for Billboard
Foto: Jason Koerner/Getty Images for Billboard (Jason Koerner)

Die aktrise Emma Stone het 'n besonderse jaar agter die rug. Nie net het sy haar eerste Oscar gewen nie, maar sy het die een na die ander treffer gedra. Hier is twee van ons gunstelinge-oomblikke:

Foto: Frazer Harrison/Getty Images
Foto: Frazer Harrison/Getty Images (Frazer Harrison)
Foto: Mike Marsland/WireImage
Foto: Mike Marsland/WireImage (Mike Marsland)

Die Oscar-wenner Nicole Kidman sit byna nooit 'n modevoet verkeerd nie, daarom is sy gereeld op ons gunsteling-lyste. Vanjaar het sy klomp treffers gehad. Hier's twee rokke wat veral uitgestaan het: 'n rooi rok en 'n metaalkleurige rok.

Foto: Todd Williamson/Getty Images
Foto: Todd Williamson/Getty Images (Todd Williamson)
Foto: Mustafa Yalcin/Anadolu Agency/Getty Images
Foto: Mustafa Yalcin/Anadolu Agency/Getty Images

Die beeldskone Michelle Pfeiffer het keer op keer bewys ouderdom is net 'n nommer. Sy het 'n fantastiese jaar op die rooi tapyt gehad!

Foto: Frazer Harrison/Getty Images
Foto: Frazer Harrison/Getty Images (Frazer Harrison)
Foto: Dave J Hogan/Getty Images
Foto: Dave J Hogan/Getty Images (Dave J Hogan)

Die supermodel Cindy Crawford se 16-jarige dogter, Kaia Gerber, haal ook ons lys. Sy is nog 'n rooitapyt-groentjie, maar mode klop sterk in haar are.

Foto: Matt Crossick/PA Images via Getty Images
Foto: Matt Crossick/PA Images via Getty Images (Matt Crossick)

Die aktrise Zendaya is 'n verkleurmannetjie. Ons weet nooit wat sy volgende gaan dra nie. Klassiek, gewaagd of spelerig? Hier's van ons gunsteling-uitrustings.

Foto: Jason LaVeris/FilmMagic
Foto: Jason LaVeris/FilmMagic (Jason LaVeris)
Foto: Jeffrey Mayer/WireImage
Foto: Jeffrey Mayer/WireImage (Jeffrey Mayer)
Foto: Steve Granitz/WireImage
Foto: Steve Granitz/WireImage (Steve Granitz)
Foto: Jason LaVeris/FilmMagic
Foto: Jason LaVeris/FilmMagic (Jason LaVeris)

Die model Kendall Jenner haal ook ons lys! Sy het beslis die gewaagste rok van 2017 gedra wat 'n absolute treffer is. Sy skop stof in ousus Kim Kardashian se oë.

Foto: Dia Dipasupil/Getty Images For Entertainment Weekly
Foto: Dia Dipasupil/Getty Images For Entertainment Weekly (Dia Dipasupil)

Dan moet ons natuurlik die ongelooflike styl van die Netflix-reeks Stranger Things se jongspan uitsonder. Van links na regs: Finn Wolfhard, Noah Schnapp, Gaten Matarazzo en Caleb McLaughlin.

Foto: Todd Williamson/Getty Images
Foto: Todd Williamson/Getty Images (Todd Williamson)

En die stylvolle Millie Bobby Brown, ook bekend as Eleven.

Foto: Gregg DeGuire/Getty Images
Foto: Gregg DeGuire/Getty Images (Gregg DeGuire)

Watter uitrusting was jou gunsteling?

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM