Daar's drie verloofringe wat vanjaar bo die ander uitstaan. Volgens Blue Nile, ’n verskaffer van diamante en juwele aanlyn, is dié ringe vanjaar se gewildste.
1. Eenvoudig en klassiek
Hierdie ring is elegant en tydloos romanties – dit kon aan jou ouma behoort het. Dit bestaan uit ’n solitêrsteen met geen ander diamante wat dit omring nie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6249/3193996010334d54a1ea62afda7ca5dc.png FOTO Blue Nile
2. Kante met details
Die diamante omring nie die sentrale steen nie, maar word subtiel aan die kante daarvan geplaas.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6249/346951776d4f469bae9f2dc7ded6273e.png FOTO Blue Nile
3. Klassiek met ’n kinkel
Dit lyk baie soos die klassieke ontwerp, maar die band rondom die sentrale diamant is subtiel gedraai.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6249/f83792a0262f47ef96b17cba1479de72.png FOTO Blue Nile
Bron:Glamour
Verlede jaar se gewildste verloofring op Pinterest kan beslis nie as eenvoudig beskryf word nie. Dié ring van Raymond Lee Jewelers in Florida, Amerika, is al meer as 63 000 keer na Pinterest-inspirasieborde gestuur.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/1471428912-engagementring.jpg
Die ring se spesifikasies? 18-karaat-witgoud in ’n fyn kantpatroon met ’n hoofdiamant en kleiner diamante wat om dit geset is: altesaam 0,45 karaat.
En wat dit jou sal kos? $4 300 (om en by R60 000).
Vanjaar se gewildste ring (tot dusver) is ’n spoggerige diamantring. Dié ring van 1,22 karaat is al meer as 103 000 keer gedeel:

FOTO: Pinterest / Sylvia Billone
Watter ring is jou gunsteling?
Lees nou
Rolanda Marais spog met pragtige Charlotte













