Styl

2018 se grootste trourok-trends

SARIE se bruid van 2016/2017, Chandré Lerm. FOTO: Moira West Photography
SARIE se bruid van 2016/2017, Chandré Lerm. FOTO: Moira West Photography

Hierdie trourok-style gaan gewild wees in 2018. Wat is jou gunsteling?

1. Koebaai, trourok

Dit kom dalk al 'n paar jaar, maar 2018 is beslis die jaar van die broekpak! Dis nie meer net die brawe bruide wat 'n broekpak bo 'n rok verkies nie, dit word nou as 'n sjiek en stylvolle opsie vir enige moderne bruid beskou.

FOTO: Instagram / @rimearodaky
FOTO: Instagram / @rimearodaky (Annemie Lombard)
FOTO: Instagram / @trenholmphoto
FOTO: Instagram / @trenholmphoto (Annemie Lombard)

2. Handskoene en moue

Ná 'n lang afwesigheid is handskoene vanjaar terug op die loopplanke. Rokke het ook detail wat die fokus op die arms plaas. Wees veral op die uitkyk vir interessante kant- of groot uitklokmoue!

FOTO: Instagram / @weddingdressesofficial
FOTO: Instagram / @weddingdressesofficial (Annemie Lombard)
FOTO: Instagram / @weddingdressblogger
FOTO: Instagram / @weddingdressblogger (Annemie Lombard)

3. Strikke op die skouers

Groot strikke en sagte, lang chiffon-fraiings lei ook die aandag na die skouers en skep 'n romantiese gevoel.

FOTO: Instagram / @weddingdressesofficial
FOTO: Instagram / @weddingdressesofficial (Annemie Lombard)
FOTO: Instagram / @weddingdressblogger
FOTO: Instagram / @weddingdressblogger (Annemie Lombard)

4. Skouermantel

Byna elke internasionale ontwerper het vanjaar 'n skouermantel in hul reeks ingesluit. Die skouermantel is die nuwe sluier, en dit is ideaal vir 'n wintertroue of meer konserwatiewe voorkoms.

FOTO: Instagram / @therebelwedding
FOTO: Instagram / @therebelwedding (Annemie Lombard)
FOTO: Instagram / @bdnl
FOTO: Instagram / @bdnl (Annemie Lombard)
FOTO: Instagram / @weddingdressesofficial
FOTO: Instagram / @weddingdressesofficial (Annemie Lombard)

5. Kort voor, lank agter

Soomlyne wat korter is voor is nie 'n nuwe styl nie, maar volgens Glamour gaan dit weer gewild wees in 2018. Dis al by 'n hele paar modeweke gesien.

FOTO: Instagram / @weddingdressrunway
FOTO: Instagram / @weddingdressrunway (Annemie Lombard)
FOTO: Instagram / @rimearodaky
FOTO: Instagram / @rimearodaky (Annemie Lombard)

6. Groot strik agter

In Engels word dit "butt bows" genoem, maar ons sukkel nog om 'n aanvaarbare woord daarvoor in Afrikaans te vind! Trourokke het 'n lae rug met 'n groot strik - 'n romantiese weergawe van die 1980's se rokke.

FOTO: Pinterest / @southernbride
FOTO: Pinterest / @southernbride (Annemie Lombard)
FOTO: Pinterest / @stylemepretty
FOTO: Pinterest / @stylemepretty (Annemie Lombard)
FOTO: Pinterest / @modwedding
FOTO: Pinterest / @modwedding (Annemie Lombard)

7. Verwyderbare romp

Trourokke met 'n verwyderbare romp is 'n praktiese oplossing - en baie gewild op Pinterest! Bruide dra 'n volromp vir die seremonie en verwyder dit vir die onthaal, vir 'n meer informele voorkoms.

FOTO: Instagram / @galiahav
FOTO: Instagram / @galiahav (Annemie Lombard)
FOTO: Instagram / @weddingdress_bride
FOTO: Instagram / @weddingdress_bride (Annemie Lombard)

Nog trends om dop te hou

Trourokke met pêrels of vere gaan weer gewild raak. Dink aan sagte vere op die romp en fyn pêrels op die bostuk.

Swart afwerkings en aksente op trourokke, soos 'n swart band om jou middel te beklemtoon, word toenemend gesien.

In 2017 was strooimeisierokke met blommotiewe gewild, en nou word dit ook op trourokke gebruik. Dink aan 'n wit volromp met 'n bostuk met blomme.\

FOTO: Instagram / @weddingdressguide
FOTO: Instagram / @weddingdressguide (Annemie Lombard)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM