Styl

5 beste kleure vir blondines

Net soos wat jy dra jou oë kan beklemtoon, kan jou uitrusting ook jou haarkleur komplementeer. Vir blondines werk hierdie vyf kleure perfek!

Dra dié kleure as jy wil uitstaan

#1 Rooirok-bokkie

Rooi is een van die kleure wat die meeste aandag trek. Dis ook ’n kleur wat die meeste vroue kan dra.

WENK: Jy mag maar van kop tot tone in rooi geklee wees.

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

#2 Hoe blinker, hoe mooier

Goud, silwer en selfs roosgoud laat blonde hare glinsterend vertoon. Metaalkleure en blonde hare is ’n wenkombinasie!

WENK: Metaalkleure trek baie aandag, so vermy blink van kop tot tone as jy skamerig is. Dra dan metaalkleure eerder as bykomstighede.

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

#3 Koningblou 

As jy blou oë en blonde hare het, gaan jy beslis die koppe laat draai in hierdie kleur.

WENK: Jy kan nie ’n fout maak as jou hele uitrusting koningblou is nie.

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

#4 Ligpienk (roospienk) of nude-skakering

Hierdie kleure vertoon veral elegant by blondines met ’n ligte vel.

WENK: Ligpienk kan wel soms vaal lyk – kikker dit op met rooi lippe of treffende bykomstighede!

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

#5 Bottelgroen

Jy sien nie dié kleur te dikwels nie, maar dit komplementeer nie net jou haarkleur nie, maar ook jou oogkleur.

WENK: Kleurblok is altyd ’n wenner!

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM