Jy smag dalk na langer bene, al is dit net om dit makliker te maak om jeans te koop. Maar om kort te wees, hét darem die voordeel dat jy hakskoene kan dra sonder om bo almal uit te troon. As dit by jasse kom, het ons raad oor watter style die beste pas by korter vroue.
Hier is ons top-5:
? Jas met ’n belt
Die belt plaas die fokus op jou middel en definieer dit.

? A-lyn-jas (klok effens uit)
’n A-lyn-styl is in die algemeen baie vleiend. ’n Jas wat effens uitklok, skep ’n langer lyn wat die illusie van lengte skep.

? Korter soldatejas (trench)
Dié klassieke jas is maar net ’n móét in elke vrou se kas. Maar koop eerder ’n korter een as jy kort is – dit sal meer vleiend wees.

Soldatejas, Country Road by Woolworths
? Kort kunspelsjas
Met ’n korter weergawe sal dit nie lyk of jy in die kunspels verdrink nie

Kunspels-jas, Zara (R1 499)
? Noupassende pofjas
Pofbaadjies/-jasse is baie in die mode, maar koop ’n noupassende een sodat dit nie lyk of jy ’n slaapsak dra nie.














