Styl

5 kleure perfek vir blondines

Nes die kleur van jou hare ’n uitrusting kan komplementeer, kan jou uitrusting jou haarkleur mooi beklemtoon. Vir blondines is daar 5 kleure wat perfek werk!

Die Britse sanger en blondine Rita Ora dra gereeld hierdie einste 5 kleure. Sy is definitief ook een van SARIE se groot styl-inspirasies!

Dra dié kleure as jy in ’n groep wil uitstaan

#1 Rooirok-bokkie

Rooi is een van die kleure wat die meeste aandag trek. Dis ook ’n kleur wat die meeste vroue kan dra.

WENK: Jy mag maar van kop tot toon in rooi geklee wees.

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

#2 Hoe blinker, hoe mooier

Goud, silwer of selfs roosgoud tel gewoonlik jou haarkleur mooi op. Metaalkleure en blonde hare is ’n wenkombinasie!

WENK: Metaalkleure trek baie aandag, so vermy blink van kop tot toon as jy skamerig is. Dra dan metaalkleure eerder as bykomstighede van blink metaal.

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

#3 Koningsblou Blonde hare, blou oë en koningsblou gaan beslis die koppe laat draai.

WENK: Jy kan nie ’n fout maak as jou hele uitrusting koningsblou is nie.

Embed from Getty Images

#4 Ligpienk (roospienk) Ligpienk en blond is van die elegantste kombinasies wat daar is, veral as jy ’n ligte vel het.

WENK: Ligpienk kan wel soms vaal lyk - kikker dit op met rooi lippe of bykomstighede!

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images#5 Bottelgroen Jy sien nie dié kleur orals nie. Bottelgroen komplementeer nie net jou haarkleur nie, maar ook jou oogkleur. WENK: Kleurblok is altyd ’n wenner!

Embed from Getty Images

Kyk uit vir die kleure wat vir donkerkoppe werk!

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM