Styl

BAFTA-toekennings: Dié modes seëvier op die rooitapyt

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die SARIE-span se modewenners:

Lilly Collins

Foto: Getty Images / Gallo Images
Foto: Getty Images / Gallo Images

Lilly Collins, wat tans aan seisoen vier van Emily in Paris werk, het treffend gelyk in 'n swart noupassende skepping van Tamara Ralph. Die silwer roos-detail op haar neklyn en die dramatiese afwit pofmoue het beslis die koppe laat draai.

Haar voorkoms is SARIE-modespan se gunsteling van die aand.

Margot Robbie

Foto: Getty Images / Gallo Images
Foto: Getty Images / Gallo Images

Margot Robbie het soos 'n ware Barbie-pop gelyk en bekoor in 'n swart en pienk Armani Privé-skepping. En duidelik is operahandskoene gewild. Nes Taylor Swift by die Grammy-toekennings, het Robbie by die BAFTAS 'n paar gedra.

Michelle Keegan

Foto: Getty Images / Gallo Images
Foto: Getty Images / Gallo Images

Die Fool Me Once-ster Michelle Keegan het elegant gelyk in 'n swart en wit rok wat herinner aan 'n manspak. Ook sy dra swart operahandskoene vir die aand.

Florence Pugh

Foto: Getty Images / Gallo Images
Foto: Getty Images / Gallo Images

Florence Pugh het moderne glans uitgestraal in 'n swart rok met detail wat aan 'n silwer korset herinner van Harris Reed. Haar uitrusting is afgerond met 'n stola.

Carey Mulligan

Foto: Getty Images / Gallo Images
Foto: Getty Images / Gallo Images

Carey Mulligan het asemrowend in 'n skouerlose sy- en fluweelrok van Dior gelyk.

Dua Lipa

Foto: Getty Images / Gallo Images
Foto: Getty Images / Gallo Images

Dua Lipa het 'n eenvoudige rooi rok van Valentino gekies vir die aand. Dis die skouermantel wat die rok besonders maak.

Sophie Ellis-Bextor

Foto: Getty Images / Gallo Images
Foto: Getty Images / Gallo Images

Sophie Ellis-Bextor, wat haar liedjie Murder on the Dancefloor by die toekenningsaand gesing het, se deurskynende kantrok deur Antonio Riva, is afgerond met lap blomblare.

Emily Blunt

Emily Blunt het geskitter in 'n skepping van Elie Saab.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM