Styl

Bederf-produkte vir Vadersdag

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

Vadersdag is om die draa! En as jy nog nieiets vir dié spesiale man het nie, is hier 'n paar geskenk-idees waarmee jy homdie komende naweek kan bederf.

Vir wanneer hy skeer …

Die moderne man bestee gemiddeld meer as 3000 uur van sy lewe daaraan om baard te skeer, berig The Mirror aanlyn. Hoe en wanneer jy skeer, kan die verskil maaktussen 'n vars en skoon vel teenoor ingroeibaard en 'n branderige, seer vel.

1. Edwin Jagger Sandalwood Shaving Soap(R300)

Die baardseep bevat 99% natuurlikebestanddele en sorg vir 'n moeitelose skeersessie. Eksklusief beskikbaar byCrabtree & Evelyn-winkels landwyd

2. Eco Diva Eco Man Grooming Gift Set(R750)

Bederf hom met 'n volledigeskeer-stelletjie. Dié een bevat 'n spesiale skeerbakkie gemaak van 'n kokosneutse dop, asook 'n hout skeerborsel, skeerroom, lyfroom en 'n gesigserum.Beskikbaar vir 'n beperkte tyd by www.ecodiva.co.za

Vir sy baard …

As die man in jou lewe verkies om 'n baardte dra, is daar gelukkig 'n magdom interessante baardprodukte waarmee jy homkan bederf. 'n Kort stoppelbaard (stubble)is nou hoogmode, maar 'n voller houtkappersbaard is steeds gewild.

1. HairGum Beard Shampoo (R260)

Dié baard-sjampoe sorg dat jou baard mooiskoon is sonder om jou vel uit te droog. By Clicks

2. Woody's For Men Beard Oil (R159)

Makadamia- en moringa-olie bevog jou baardintens en gee glans. By Clicks

'n Spesiale geur …

Jy kan nie 'n fout maak met 'n splinternuwegeur vir hom nie. As jy 'n bietjie meer geld het om te spandeer, verras hom meteen van dié mansparfuums.

1. Sorbet MAN Eau De Toilette (R349)

Die splinternuwe parfuum bevat 'n mengselvan hout en sitrus note vir 'n vars, manlike geur. By Sorbet MAN-salonne enClicks

2. Hugo Boss Bottled United (R1 245 vir 100ml )

Ter viering van die Sokker Wêreldbekertoernooi wat Vrydag afskop het Hugo Boss dié beperkte weergawe van hul gewildeBoss Bottled-geur bekend gestel. Dit spog met note van bloedlemoen, kruisement,kuskusgras en patsjoelie vir 'n aanloklike vars geur.

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM