Styl

Beeld se bruide: April-inskrywings vir groep 2

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vandag verskyn die tweede groep April-bruide vir vanjaar in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays. Onthou: Stemme vir hierdie week se bruide moet teen volgende Vrydag (9 September) om 12:00 ingedien wees.

Jomelda Bezuidenhout van Centurion is op 14 April getroud.
Jomelda Bezuidenhout van Centurion is op 14 April getroud.
Juantal Pretorius van Rustenburg is op 24 April getroud.
Juantal Pretorius van Rustenburg is op 24 April getroud.
Landi Kotzé van die Paarl is op 9 April getroud.
Landi Kotzé van die Paarl is op 9 April getroud.
Marnique Strydom van Krugersdorp is op 9 April getroud.
Marnique Strydom van Krugersdorp is op 9 April getroud.
Michelle Coetzer van Heidelberg is op 23 April getroud.
Michelle Coetzer van Heidelberg is op 23 April getroud.
Monica Martin van Bethlehem is op 2 April getroud.
Monica Martin van Bethlehem is op 2 April getroud.
Monique Barnard-Matthee van Somerset-Wes is op 30 April getroud.
Monique Barnard-Matthee van Somerset-Wes is op 30 April getroud.
Nadine Bannister van Pretoria is op 9 April getroud.
Nadine Bannister van Pretoria is op 9 April getroud.
Nathalie Human van Bryanston is op 17 April getroud.
Nathalie Human van Bryanston is op 17 April getroud.
Sonia Wasserman van Midstream is op 2 April getroud.
Sonia Wasserman van Midstream is op 2 April getroud.
Wilmé Viljoen van Londen is op 30 April getroud.
Wilmé Viljoen van Londen is op 30 April getroud.
Zané de Klerk van Magalieskruin is op 9 April getroud.
Zané de Klerk van Magalieskruin is op 9 April getroud.

Om seker te maak jou gunstelingbruid het 'n kans om haar deel van die meer as R400 000 se pryse te wen, kan jy op een van die volgende drie maniere stem:

Só stem jy

Wanneer 'n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:

  • PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS Bruid, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, jou woon- en e-posadres na 35986. Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00.

Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS'e geld nie en foutiewe SMS'e sal ver­reken word.

SMS voorbeeld: BRUID, Sannie Smit, Tanya Schoeman, Randburg, tanya­.schoeman@media24.com.

Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

  • PROSES 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerantstemme van 'n bruid kan op 'n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publisering by Tanya Schoeman aangekoop word (tanya.schoeman@media24.com). Beeld sal die koerante aan 'n Beeld-projek skenk.

  • PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto's word aanvaar), plak dit op 'n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Preto­rialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.

Stemme kan ook in 'n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Pretorialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.

Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.

Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie. Dieselfde prosedure geld bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied val en wil deelneem.

Die bruid met die meeste punte aan die einde van elke maand sal as die wenner aangewys word.

Sperdatums

  • Mei-bruide: 16 September 2022.
  • Junie- & Julie-bruide: 14 Oktober 2022.
  • Augustus-bruide: 11 November 2022.
  • September-bruide: 9 Desember 2022.
  • Oktober-bruide: 3 Februarie 2023.
  • November-bruide: 3 Maart 2023.
  • Desember-bruide: 31 Maart 2023.

Kontak Tanya Schoeman by tanya.schoeman@media24.com vir besonderhede oor hoe om in te skryf.

Karla Janse van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM