Vandag verskyn die drie voorlopers in die Desember-groep vir 2022 in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays.
Hulle is Caelin van Niekerk, Dalene Rottier-Bennett en Ninke van der Westhuizen. Die wenbruid word Vrydag in Beeld aangekondig.

Skryf só in
Inskrywings vir 2022 se kompetisie is reeds gesluit. Hou egter Beeld, sosiale media en Netwerk24 dop vir meer inligting oor 2023 se kompetisie wat binnekort afskop. Bruide van Januarie en Februarie 2023 kan gerus solank hul inskrywings stuur.
Doen dit só:
1. Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:
a) Troudatum;
b) Bruid se naam en getroude van;
c) Bruidegom se naam en van;
d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);
e) Woonadres.
2. Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:
a) Waar het julle mekaar ontmoet?
b) Hoe lank ken julle mekaar?
c) Watter beroepe beoefen julle?
d) Wat is jul belangstellings?
e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?
f) Beskryf jou troudag-styl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?
g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?
3. Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.
- Bruid: kop-en-skouer-foto
- Bruid: vollengte foto
- Egpaar: foto
4. Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.
5. Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.
6. E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag aan bruide@media24.com gestuur word. Ons maak geen uitsonderings vir laat inskrywings nie.














