Styl

Beeld se bruide | Hier is 2022 se finaliste

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
b
b

Vandag verskyn al 12 maand­wenners­ vir 2022 in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays. Baie geluk aan elkeen! Die wenner word op 2 Junie tydens 'n gala-geleentheid by Avianto in Muldersdrift ná 'n finale beoordelingsproses aangewys.

Januarie: Llelani van Heerden
Januarie: Llelani van Heerden
Februarie: Marnia van Tonder
Februarie: Marnia van Tonder
Maart: Savanah Lazarides
Maart: Savanah Lazarides
April: Chrisne Niebuhr
April: Chrisne Niebuhr
Mei: Jacqueline Warden
Mei: Jacqueline Warden
Junie: Marcelle Kelly Barnard
Junie: Marcelle Kelly Barnard
Julie: Sonja Wehrmann
Julie: Sonja Wehrmann
Augustus: Heneline Basson
Augustus: Heneline Basson
September: Leandri Tait
September: Leandri Tait
Oktober: Mariska Hattingh
Oktober: Mariska Hattingh
November: Latasha Engelbrecht
November: Latasha Engelbrecht
Desember: Dalene Rottier-Bennett
Desember: Dalene Rottier-Bennett

Sperdatums vir 2023

  • Januarie-bruide: 9 Junie 2023
  • Februarie-bruide: 30 Junie 2023
  • Maart-bruide: 28 Julie 2023
  • April-bruide: 25 Augustus 2023
  • Mei-bruide: 22 September 2023
  • Junie- & Julie-bruide: 20 Oktober 2023
  • Augustus-bruide: 17 November 2023
  • September-bruide: 19 Januarie 2024
  • Oktober-bruide: 16 Februarie 2024
  • November-bruide: 15 Maart 2024
  • Desember-bruide: 12 April 2024

Skryf só in

Die kompetisie vir 2023 begin eersdaags. Bruide vir Januarie en Februarie 2023 kan solank hulle inskrywings stuur. Hier is wat jy moet weet:

1. Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:

a) Troudatum;

b) Bruid se naam en getroude van;

c) Bruidegom se naam en van;

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);

e) Woonadres.

2. Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

3. Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.

- Bruid: kop-en-skouer-foto

- Bruid: vollengte foto

- Egpaar: foto

4. Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.

5. Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.

6. E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag aan bruide@media24. com gestuur word. Ons maak geen uitsonderings vir laat inskrywings nie.

Karla Janse Van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM