Styl

Beeld se bruide: Oktober se voorlopers

Vandag verskyn die drie voorloperbruide in die groep Oktober-bruide vir 2022 in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays. Hulle is Elmarie Nel van Middelburg, Mariska­ Hattingh van Centurion en Yumna Suliman van Melrose Arch. Die wenbruid word môre in Beeld aangekondig.

November-bruide, stuur vandag nog jul inskrywings, julle het nog net tot Vrydag tyd om in te skryf en 'n kans te hê om jou deel van die meer as R400 000 se pryse te wen.

Yumna Suliman
Yumna Suliman
Elmarie Nel
Elmarie Nel
Mariska Hattingh
Mariska Hattingh

Sperdatums

  • November-bruide: 3 Maart 2023.
  • Desember-bruide: 31 Maart 2023.

Skryf só in

Die kompetisie duur van 9 Junie 2022 tot 4 Mei 2023. Jy moet in 2022 getrou het om te kan deelneem.

1. Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:

a) Troudatum;

b) Bruid se naam en getroude van;

c) Bruidegom se naam en van;

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);

e) Woonadres.

2. Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

3. Troufoto's: Heg kleur- of swart-en-wit-foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.

- Bruid: kop-en-skouer-foto

- Bruid: vollengte foto

- Egpaar: foto

4. Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.

5. Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.

6. E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com gestuur word. Ons maak geen uitsonderings vir laat inskrywings nie.

Karla Janse van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM