Styl

Beeld se Bruide: September-bruide: groep 2

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vandag verskyn die tweede groep September-bruide vir 2022 in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays­.

Demi Joubert van Australië is op 3 September getroud.
Demi Joubert van Australië is op 3 September getroud.
Elné Bouwer van Gezina is op 3 September getroud.
Elné Bouwer van Gezina is op 3 September getroud.
Geraldine Michelle Diedericks van Centurion is op 24 Sep­tember getroud.
Geraldine Michelle Diedericks van Centurion is op 24 Sep­tember getroud.
Jacqueline Brink van Klerks­dorp is op 17 September ge­troud.
Jacqueline Brink van Klerks­dorp is op 17 September ge­troud.
Le Clanche Welgemoed van Lichtenburg is op 17 Septem­ber getroud.
Le Clanche Welgemoed van Lichtenburg is op 17 Septem­ber getroud.
Leandri Tait van Montanapark is op 10 September getroud.
Leandri Tait van Montanapark is op 10 September getroud.
Lizette Correia van Bela-Bela is op 17 September getroud.
Lizette Correia van Bela-Bela is op 17 September getroud.
Liz-Marie Roberts van More­letapark is op 9 September getroud.
Liz-Marie Roberts van More­letapark is op 9 September getroud.
Maryke van Aardt van Eques­tria is op 3 September ge­troud.
Maryke van Aardt van Eques­tria is op 3 September ge­troud.
Uch-Meri Espag van eMala­hleni is op 3 September ge­troud.
Uch-Meri Espag van eMala­hleni is op 3 September ge­troud.

Onthou: Stemme moet die Vrydag nadat die bruid se foto in die koe-rant verskyn het om 12:00 ingedien wees.

Om seker te maak jou gunstelingbruid het die kans om haar deel van die meer as R400 000 se pryse te wen, kan jy op een van drie maniere stem.

Só stem jy

Wanneer 'n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:

  • PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS Bruid, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, jou woon- en e-posadres na 35986. Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00.

Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS'e geld nie en foutiewe SMS'e sal ver­reken word.

SMS voorbeeld: BRUID, Sannie Smit, Tanya­ Schoeman, Randburg, tanya­.schoeman@media24.com.

Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

  • PROSES 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerantstemme van 'n bruid kan op 'n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publisering by Tanya Schoeman aangekoop word (tanya.schoeman@media24.com). Beeld sal die koerante aan 'n Beeld-projek skenk.

  • PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto's word aanvaar), plak dit op 'n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Preto­rialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.

Stemme kan ook in 'n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Pretorialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.

Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.

Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie. Dieselfde prosedure geld bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied val en wil deelneem.

Die bruid met die meeste punte aan die einde van elke maand sal as die wenner aangewys word.

Sperdatums

  • Oktober-bruide: 3 Februarie 2023.
  • November-bruide: 3 Maart 2023.
  • Desember-bruide: 31 Maart 2023.

Skryf só in

Die kompetisie duur van 9 Junie 2022 tot 4 Mei 2023. Jy moet in 2022 trou of getrou het om te kan deelneem.

1. Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:

a) Troudatum;

b) Bruid se naam en getroude van;

c) Bruidegom se naam en van;

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);

e) Woonadres.

2. Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

3. Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.

- Bruid: kop-en-skouer-foto

- Bruid: vollengte foto

- Egpaar: foto

4. Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.

5. Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.

6. E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com gestuur word. Ons maak geen uitsonderings vir laat inskrywings nie.

Karla Janse van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM