’n Nuwe haarstyl is soos om op vakansie te gaan, jy voel goed en lyk soos ’n nuwe mens. Dikwels verklap ’n nuwe haarstyl iets oor jouself.
Jou hare reflekteer die beeld wat jy die wêreld wil instuur én weerspieël baie van wat in ons binnewêreld aangaan, het Dorianne Weil, ’n kliniese sielkundige en bekende radio- en TV-persoonlikheid van Sandton, in ’n 2015-onderhoud aan Lydia van der Merwe van SARIE gesê. Daarom sal baie vroue hul hare in ’n dramatiese korter haarsnit sny tydens ’n nuwe fase in hul lewe, selfs al ontken hulle dit.
’n Nuwe haarstyl kan jou ook onmiddellik laat beter voel oor jouself, oor jy iets in jouself belê, berig Huffington Post.
Die Amerikaanse popster Katy Perry het onlangs haar kenmerkende swart haredos platinumblond gekleur. Dis omtrent ’n verandering! Die rede? Dis glo ’n voorsmaak van ’n nuwe hoofstuk in haar loopbaan, berig
Maar sy is nie ál bekende wat deesdae met nuwe hare spog nie.
Joshua na die Reën-ster én sy vrou
Dié Afrikaanse sanger, wie se regte naam Jacques de Villiers is, en sy vrou, Danél, het albei hul krullerige lokke afgesny. Danél lyk pragtig met haar pixie-haarstyl.
Toe
Nou
Blou Bul Jacques Potgieter
Hy was bekend vir sy woeste hare en baard, maar die rugbyspeler, wat onlangs pa geword het, is nou so te sê poenskop.
Toe
Nou
Hollywood-aktrise Diane Kruger
Ná 10 jaar saam is Diane en die akteur Joshua Jackson se paadjies verlede jaar geskei. Sy het onlangs haar blonde lokke heelwat korter gesny.
Toe
Vampire Diaries se Nina Dobrev
Die Hollywood-aktrise het haar lang haredos vroeër vanjaar heelwat korter laat sny.
Toe
Nou
Allison Williams van Girls
Die aktrise van die gewilde HBO-reeks het haar natuurlike bruin hare blond gekleur. Girls se sesde (en laaste) seisoen begin op 12 Februarie. Allison vertolk een van die hoofrolle.
Toe
Nou
Hollywood-aktrise Olivia Wilde
Die pragtige aktrise wat einde verlede jaar die tweede keer ma geword het, het ook haar haarstyl verander. Nie net het haar lang lokke gewaai nie, maar sy het ook besluit sy wil ’n blondine wees.
Toe
Nou
Lees nou
Hilde op Kenhardt: Vang haar eie skaap & sing ‘Xabara’
















