Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie vir 2022 het nuwe woema gekry met die aankondiging van 'n mede-naamborg: World Leisure Holidays.
Die onmiddellike gevolg is World Leisure Holidays gee aan die top-3-wenners van vanjaar se kompetisie elk verblyf van sewe nagte in Mauritius (vliegkaartjies en belasting ingesluit) ter waarde van R56 000.
"World Leisure Holidays is trots op die nuwe vennootskap as mede-naamborg van die kompetisie," sê Elaine Durr, operasionele direkteur van die vakansiegroep.
"Nes Beeld met die kompetisie, deel World Leisure Holidays die visie om bruidspaartjies se droombestemmings te laat waar word. Nou kan hulle ontspan en mekaar se geselskap geniet in ons luukse oorde. En alles daar beleef om hul fantasie-troue en -wittebrood 'n werklikheid te maak. Ons is trots daarop om aan al ons kliënte ‘meer eiland' te bied," aldus Durr.
Die onmiddellike gevolg is World Leisure Holidays gee aan die top-3-wenners van vanjaar se kompetisie elk verblyf van sewe nagte in Mauritius (vliegkaartjies en belasting ingesluit) ter waarde van R56 000.
Ander senior borge sluit in TO Strand, Wedding & Lifestyle Hub SA, Sealy (deel van Bravo Brands), Simonsig en Kaliente.
Volgens Cornette Zietsman, Beeld-bemarkingshoof en koördineerder van die kompetisie, is dit reeds gevestig as die top-bruidprojek in die land, met inskrywings uit al die uithoeke en selfs buurlande.
Sy het World Leisure Holidays by die kompetisie verwelkom en gesê die vakansiepryse en gravitas wat sy handelsmerk na die projek bring, versterk dit verder.
Bruide wat reeds vanjaar getrou het, of op trou staan, moet bloot hul drie mooiste troufoto's kies, die instruksies volg en inskryf. Hoewel inskrywings vir vanjaar se Januarie-bruide reeds gesluit het, is daar nog heelwat tyd vir Februarie-bruide (24 Junie), Maart-bruide (22 Julie) en April-bruide (19 Augustus) om in te skryf. Daar word 12 maandwenners aangewys, waaruit 'n algehele wenner, naaswenner en derde plek uiteindelik aangewys word. Meer besonderhede oor hoe om in te skryf en verskyn op bl. 12.
















