Styl

Cara Delevingne kleur óók haar hare

(Magdel Muller)

Die haarkleur-koors loop op die oomblik hoog in Hollywood. Eers Emma Roberts, toe Katy Perry en nou ook Cara Delevingne! Die model en aktrise het haar naam gevoeg by die rits bekendes wat die afgelope twee weke hul haarkleur drasties verander het. Sy is die naweek tydens die Paryse Modeweek gewaar met ’n splinternuwe korter bob-styl in ’n ysige platinumblond kleur, berig die Amerikaanse Vogue aanlyn.

Cara is nog nie voorheen met só ’n waaghalsige haarkleur gesien nie. Haar nuwe skakering is iets tussen platinumblond en silwer. Dit kontrasteer met haar kenmerkende donker wenkbroue vir ’n sexy, byna gotiese voorkoms.

Toe

Embed from Getty Images

Nou

Embed from Getty Images

Platinumblond bly ’n gewilde haarkleur! Voel jy ook lus om jou hare platinumblond te kleur? Hiér’s vyf dinge wat jy móét weet:

? Die skakering is gewaagd en pas die beste by ’n ligte gelaat met ’n koel of pienk ondertoon. By ’n donkerder gelaat kan dit jou maklik vaal, uitgewas en ouer laat lyk.

? Hoe donkerder jou hare, hoe meer kleursessies (tot drie salonbesoeke) gaan dit verg om dit platinumblond te kry omdat jou hare eers geleidelik ligter gebleik moet word voordat die stilis dit kan kleur.

? Platinumblonde hare kan ná ’n ruk geel lyk, veral as jy gereeld in die son kom. Gebruik af en toe ’n sjampoe en opknapper (soos ’n silwer of pers sjampoe) wat geelheid teenwerk. Wees ook op die uitkyk vir stileringsprodukte wat jou hare teen UV-strale beskerm.

? Moenie jou platinumblonde hare met hitte stileer sonder om ’n hittebeskermingsproduk te gebruik nie. Dit sal jou hare net nog meer uitdroog.

? As jy jou hare platinumblond kleur, gaan jy gereeld die kleur by jou wortels moet laat opknap soos wat dit uitgroei.

Lees nou

Toiletrol die nuwe handsak?

VIDEO: Angelina skitter in nuwe veldtog

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM