Charlize Theron is Suid-Afrika se goue meisie. Nie net het sy al vele sukses (onder meer ’n Oscar!) in haar 20 jaar in Hollywood behaal nie, sy gebruik ook haar bekendheid vir liefdadigheid, soos haar eie Africa Outreach Project. En soos ons Charlize ken, is sy glad nie gepla oor die nuwe dekade wat sy nou betree nie. Sy het tydens ’n onderhoud met E! Onlineoor haar nuwe fliek,Dark Places, gesê:"Ek is só bly om in my 40’s te wees en nie meer in my 20’s nie, toe ek bekommerd was of ek in my noupassende jeans gaan pas."
Charlize is duidelik nie meer veel gepla met die glans van Hollywood nie. Sy het spottenderwys gesê dat dit lekker is om op jou rusbank verlief te wees en toebroodjies met baie kaas te eet.
Charlize, wat onlangs nog in Kaapstad was om tonele vir die fliek The Last Face, te skiet se verhouding met die regisseur van dié film, Sean Penn, het ook glo skipbreuk gelei.

FOTO: Getty Images / Gallo Images
Charlize vier ook haar 40ste met haar eersteling, Jackson (3) én haar babadogtertjie August wat net nou die dag deel van hul gesin geword het.
Charlize se beste skoonheidsoomblikke

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/2012/03/58308/charlize_getty.jpg FOTO: Gallo Images / Getty Images
Natuurlike skoonheid
Charlize wys haar natuurlike skoonheid met minimale grimering. Die wêreldbekende grimeerkunstenaar Bobbie Brown verduidelik hoe jy natuurlike grimering in 10 maklike stappe aansit.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/2012/1/23/55118/gettyimages_137130618.jpg FOTO: Gallo Images / Getty Images
Romanties en vroulik
Dié haarstyl lyk sag en vroulik en vorm 'n sagte raam om die gesig. 'n Bekende haarkapper vertel hoe om dié haarstyl te kry.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/144481903-HIRES.jpg FOTO: Gallo Images / Getty Images
Donker en smeulend
Klik hier om rokerige oë soos dié te kry

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6231/a69f8009ee8b4ea9abb0d49f35ae2524.jpg FOTO: Gallo Images / Getty Images
Kort, maar tog so sexy
Wenke vir kort hare:
- Sny jou hare met tekstuur en los langer stukkies om jou ore en in jou nek. Mans se hare word stomper gesny.
- Pasop vir ore wat te “oop” gesny word, want dit kan jou ouer, harder en onnodig konserwatief laat lyk.
- Goeie produkte is van kardinale belang. Gebruik liefs minder as te veel – ’n ertjiegroot druppel haarwaks vir baie kort hare en ’n haselneutgrootte vir langer hare.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Charlize.jpg FOTO: Gallo Images / Getty
Wangbene soos ’n model
Beklemtoon jou beste gelaatstrekke met kontoer-grimering. Lees hier meer daaroor













