Die Afrikaanse aktrise Desiré Gardner spog deesdae met ’n splinternuwe pixie-haarsnit. En ons dink die styl pas haar perfek!
Desiré vertel sy moes haar hare in dié parmantige kort styl sny vir haar rol as Carmen in die kykNET-sepie Suidooster. “Die vervaardigers en grimeerspan het besluit Carmen se nuwe look moet ’n kort styl wees. Ek’s nogal skrikkerig vir verandering, so ek was eintlik bly dat hulle so te sê namens my op die nuwe haarsnit besluit het.”

FOTO Verskaf
’n Kort pixie-styl het houding, maar is terselfdertyd vroulik en sag danksy die subtiele tekstuur wat in die hare ingesny word.
Die belangrikste ding om by dié styl in gedagte te hou is jou gesigvorm: ’n Groot voorkop vra vir ’n langer kuif, terwyl ’n korter kuif beter lyk by ’n kleiner voorkop.

FOTO Verskaf
Volgens Desiré verg die styl glad nie so baie moeite soggens nie. “’n Paar blase met die haardroër en ’n vinnige stryk met ’n straightener en daar gaan jy,” sê sy. Sy gebruik ook ’n stileerwaks om haar hare tekstuur te gee.
Nóg bekende “pixies”:
SA aktrise Rolanda Marais
Hollywood-aktrise Kristen Wiig
Michelle Williams
Viola Davis
















