Styl

Die mode + skoonheidtrends vir winter 2011

MODE

deur Rochelle Malherbe-Howard

Die koue weer kruip ?nader en dis tyd om jou klerekas reg te ruk vir winter 2011.

Volg ons modegids waarin ons ?8 moet-hê-items uitwys om jou taak makliker te maak.

Ons het elkeen ’n eie styl en smaak, daarom ?wys ons hoe jy die grootste trends kan dra, of jou styl nou klassiek of hip is.

Dis ook glad nie nodig om ’n hele nuwe klerekas te koop nie. Kombineer net van die nuutste items met stukke wat jy reeds het vir ’n modieuse maar unieke styl wat steeds sê: “Dís ek.”

SKOONHEID

deur Mariska van Rooyen

Die kwik is dalk aan die daal, ?maar die winter se nuwe trends is hier om jou warm te hou.

Dié kleurryke grimeerpalet inspireer jou met bessie lippe, diep skakerings vir naels, pienk wat jou gelaat verhelder en oë wat kakie gekleur word.

Dis nie net die kleure wat opwindend ?is nie, olies se helende krag is goed vir liggaam en verstand, ?terwyl superrome jou vel jonk hou. ?Lees ook hoekom haarmaskers die ?nr.-1-produk is vir jou lokke ?en stel vas watter parfuums jou ?winter ’n tower-een sal maak.

Geniet al die inspirasie en vóél mooi.

Rochelle Malherbe Howard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM