Vanjaar sal onthou word vir die lokettreffer Barbie en dis daarom ook nie vreemd dat pienk nou hoogmode is nie. Dié kleur, kant, pofmoue en handelsmerke met 'n gewete was groot nuus op onlangse internasionale modeweke.
Pienk was ook deel van die kleurpalet van Carolina Herrera se ontwerpe by die modeweek in die Groot Appel.Foto: AP Mode in 'n teekoppie: Rooibostee is groot nuus aan die modefront. Die kenmerkende kleur van dié tee - spesifiek Rooibos Pantone 18-1355 - is aangewys as een van die tien voorste modekleure by die New York-modeweek. Leatrice Eiseman, wêreldbekende kleurspesialis verbonde aan die Pantone-kleurinstituut, meen "dis nie net verfrissend om rooibos te drink nie, maar ook daarna te kyk". 'n Model vertoon 'n uitrusting deur Carolina Herrera by die modeweek in New York. Foto: AP Tom Ford het 'n dieper skakering van pienk en tekstuur gekies vir dié kombinasie van sjoebroek met 'n baadjie. Die oorgroot sonbrille was kenmerkend van sy vertoning by die modeweek in Milaan. Foto: AP Een van die Amerikaanse ontwerper Michael Kors se witwarm ontwerpe by die modeweek in New York.Foto: AP 'n Staatmaker met 'n moderne kinkel ... Carolina Herrera het polka-dot met pofmoue gekombineer.Foto: AP Pienk was ook op die agenda by die Italiaanse modeweek in Milaan. Dié sagte vroulike ontwerp met krale-detail kom uit die ontwerpateljee van Emporio Armani. Foto: AP Modelle paradeer in T-hempde waarvan net 'n beperkte oplaag beskikbaar is. Dit is deel van 'n vennootskap tussen die Italiaanse ontwerphuis Moschino en die Elton John MIV-stigting.Foto: AP