DOVE CAMERON WYS JOU HOE OM HARTE-TOPPIE TE MAAK
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-5.jpgBenodighede:
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/youll-need1.jpg
1 x Top
Potlood
’n Spons
Materiaalverf
Verfkwassie
Karton
Skêr
Stap 1
Sit die top op ’n plat oppervlak. Plaas ’n stuk karton aan die binnekant van die top om die agterkant teen die verf te beskerm. Teken ’n hartjie op die spons met ’n potlood. Knip dan die hartjie uit. Moenie vergeet om ’n volwassene te vra om jou te help nie!
Stap 2
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-11.jpg
Verf met die kwassie die materiaalverf op die sponsie.
Stap 3
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-21.jpg
Druk met die sponsie op die top waar jy die hartjie-motief wil hê (jy kan vooraf merk waar jy dit wil hê).
Stap 4
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-31.jpg
Verf tussendeur die spons en druk die hartjies op die top. As jy klaar is, kan jy dit eenkant los om droog te word.
Stap 5
Hier is jou fantastiese hartjie-toppie!
VERSIER JOU MUSSIE EN HANDSKOENE
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-4.jpg Wil jy die winter warm bly en stylvol lyk? Dan sal jy mal wees oor ons wenke oor hoe jy jou wolmus en handskoene so koel soos Dove s’n kan laat lyk. Benodighede:
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/youll-need.jpg
1 x Mussie
1 x Paar handskoene
Tangetjie
Glinster-spuitverf
Blinkertjies
Materiaalgom
Stap 1
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-1.jpg
Sit die mussie op ’n plat oppervlak. Plak die blinkertjies op die mussie vas, en gebruik ’n tangetjie om daarmee te help. Gom kan nogal morsig wees, so maak seker jy vra ma of pa om te help indien nodig. Los dit eenkant om droog te word.
Stap 2
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-2.jpg
Herhaal die proses om jou handskoene met blinkertjies te versier.
Stap 3
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-3.jpg
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step3b.jpg
Vra ’n volwassene om te help en wend dan die glinster-spuitverf aan op die mussie en handskoene. Maak seker jy is in ’n geventileerde vertrek en beskerm die oppervlak waarop jy werk.
Stap 4
Wys vir jou maats hoe mooi lyk jy in jou blink nuwe mussie en handskoene!
VAN TOPPIE TOT RONDE SERP!
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/last-pic.jpg Wie sê jy moet geld uitgee om in die mode te wees? Probeer die eenvoudige manier om ’n ronde serp te maak. Benodighede:
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/Youll-need.jpg
1 x Top
Skêr
Stap 1
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-12.jpg
Sit die top op ’n plat oppervlak en sny in die breedte vanaf die onderkant van een mou tot die ander kant – onthou om gelyktydig die voor en agterkant van die top so te knip. Vra ma of pa as jy hulp nodig het.
Stap 2
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/06/step-22.jpg
Dra jou splinternuwe ronde serp met houding. So maklik soos dit!
Kyk na Dove Cameron in haar nuwe fliek Cloud 9 op die Disney-kanaal op Vrydag 27 Junie om 17:00.













