Styl

Emma Stone kry ’n 'perm'

FOTO: Instagram (@rachelgoodwinmakeup)
FOTO: Instagram (@rachelgoodwinmakeup)

Wanneer dit kom by haar hare, is die Oscar-bekroonde aktrise Emma Stone beslis 'n verkleurmannetjie. Net soos ons dink dís haar styl, verras sy ons met 'n haar-transformasie. Haar nuutste? Die 28-jarige het pas haar hare laat perm.

Haar grimeerkunstenaar, Rachel Goodwin, het foto's van haar en Emma op Instagram gedeel waar hulle saam deur die (langsame) proses gaan. Maar moenie dink die eindresultaat is klein, stywe krulle soos dié van die 1980's nie … Emma se moderne perm het eerder sagte golwe met 'n effense tekstuur, amper of jy pas van die strand af kom. Ons dink dis 'n mooi min-moeite-voorkoms vir die somer.

Die afgelope drie jaar begin vroue al hoe meer weer hul hare perm. 'n Chemiese formule word gebruik om jou haarstruktuur meer buigbaar te maak. Dan word jou hare in krulle gedraai en met hitte geset. Die krulle kan tot drie maande hou.

Wat maak die moderne perm anders?

Hoewel die formule van die behandeling vandag steeds dieselfde is, het haarstiliste nou meer beheer oor die grootte en voorkoms van die krulle danksy nuwe aanwendingstegnieke. Daar is ook 'n wye verskeidenheid stileringsprodukte beskikbaar om tuis jou perm te onderhou en langer te laat hou.

As jy bekommerd is oor die skade wat die harde chemiese formule aan jou hare kan aanrig, is daar deesdae gelukkig ook 'n hele paar voedende haarbehandelings beskikbaar om dié skade teen te werk.

Dié bekendes het ook al met 'n moderne perm gespog:

Karlie Kloss

Julianne Hough

Kylie Minogue

Bronne: www.people.com, www.justjared.com

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM