Styl

Emma Watson se hare is die gewildste

FOTO Instagram / @the_press_tour
FOTO Instagram / @the_press_tour

Die Beauty and the Beast-ster Emma Watson is nie net slim, suksesvol en beeldskoon nie. Sy is ook die bekende met die gewildste hare vir 2017!

Pinterest het onlangs as deel van hul heel eerste Best of Pinterest UK-toekennings 'n lys saamgestel van die grootste skoonheids- en mode-tendense vir die jaar, berig Harper's Bazaar. En onder die bekendes is die Britse aktrise se hare en haarstyle bo-aan die lys van wat die meeste op dié sosialefotonetwerk gesoek word.

Ons is glad nie verbaas nie! Emma het al verskeie style gedra: van die kort pixie tot die gewilde lob. Watter een is jou gunsteling?

Reguit hare

Pixie-styl

Lob

Sagte romantiese opstyl

Faux bob

'n Sagte krul

'n Kuif

Bob

Romantiese vlegsel

Bokstertjies

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM