Styl

Geskenk-idee van die dag

Dis Desember en die feesseisoen het amptelik afgeskop! Dis tyd om jou Kersboom op te slaan, Kersinkopies te doen en geskenke op te maak. Die skoonheidspan deel dié maand elke dag 'n oulike geskenk-idee met jou.   

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6232/14a44ebb42ac4d0d9fff6f11bd5eed28.jpgSmashbox Wonder Vision Eye Set in Sparks Coffret Yeux (R500) bevat alles wat jy nodig het vir die perfekte partytjie-grimeervoorkoms: ’n palet met ses skakerings oogskadu (sommige met 'n mat-afwerking, ander met 'n tikkie glans), die Limitless Eye Liner in Onyx en Full Exposure Mascara.

Dié geskenkpak is te kry by uitsoektakke van Woolworths, Foschini, Edgars en Red Square tot einde Desember. Kies uit 'n goue palet (Sparks) of 'n palet in metaalskakerings van blou en bruin (Flash).

Elmari de Vos

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM