Styl

Geskenk-idee van die dag

Almal is dié maand in rep en roer – dis Kersfees en geskenke moet gekoop word! SARIE se skoonheidspan deel vandag ons derde geskenk-idee vir die feesseisoen. Hou SARIE.com dop vir nog idees

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6232/8f2c466af865436ca7b334eded76e723.jpgghd se Wonderland-reeks is beskikbaar in koel skakerings van blou en lila. Dié kleure reflekteer met ’n holeografiese (holographic) effek op die oppervlak van die stileertoestelle. Die Wonderland-stileeryster (R2 380), die ghd V Classic Professional Styler, kan jou hare reguit, golwend of gekrul maak.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6232/15102dc7267347d9990de13614e9a495.jpg FOTO: verskaf

Die yster kom saam met ’n sakkie, ’n hittebestande matjie waarop jy die yster neersit terwyl dit warm is en knippe waarmee jy jou hare in seksies kan verdeel. Jy kan ook die stel met die yster én ’n haardroër koop (R2 899). Koop die ghd Wonderland-reeks by enige ghd-goedgekeurde salon terwyl voorraad beskikbaar is.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6232/9284d6a4ed394749b7595e9d6116186e.jpg FOTO: verskaf

Elmari de Vos

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM