Ons kry baie van ons mode-inspirasie en idees vir uitrustings op Instagram en Pinterest. Het jy geweet dat die gewildste skoen op Pinterest ’n paar tekkies is?
Die Adidas ZX Flux W Core-tekkies is al byna 100 000 keer op Pinterest gedeel.
Is dit dalk dié tekkies om te hê? Wel, ek sal nie omgee vir ’n paar nie! Koper-en-swart is tog ’n wenkombinasies en pas byna by álles.
ONGELUKKIG is dit nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar gaan loer gerus aanlyn in by oorsese winkels waar jy dit kan koop.
Koop by Amerikaanse handelsmerke deur
NET A PARCEL te gebruik. Lees hier hoe jy dít doen.
Kyk net hoe mooi is die tekkies, my hart is gesteel:
Wat dink jy van die tekkies?













