Onlangs op TikTok wys dokter Abby, 'n dermatoloog van Amerika, dat retinol haarverlies kan teenwerk.
Kyk net hier:
Volgens dié plasing is 'n kombinasie van minoksidiel en tretinoïen ('n vorm van vitamien A of te wel retinol) 'n kragtige doepa wat help om haarverlies hok te slaan.
Daar is nog nie genoegsame navorsing oor die effektiwiteit van hierdie twee bestanddele gedoen nie. Tretinoïen stel wel die kopvel in staat om meer effektief minoksidiel te kan absorbeer.
Refinery29 berig aanlyn dat TikTok-kykers moet onthou dat minoksidiel slegs vir androgenetiese alopesie-lyers voorgeskryf word en nie net vrylik beskikbaar is nie. Boonop werk dié medikasie nie eens effektief vir alle androgenetiese alopesie-lyers nie.

Hoe nou gemaak?
Moenie vergeet dat daar nog geen konkrete navorsing is wat hierdie haarkuur staaf nie. Retinol help selvernuwing aan en dis waarom hierdie gier TikTok aan die gons het.
Die gebruik van retinol op jou kopvel en teenaan jou haarlyn kan dit ook meer sensitief vir sonblootstelling maak.
Daarom besoek eerder 'n trigoloog as jy met haarverlies en/of haarverdunning sukkel.
"Kry 'n diagnose! Die oorsprong van haarverlies verskil van persoon tot persoon. As jy byvoorbeeld 'n tekort aan yster het, gaan jou sjampoe dit nie kan regstel nie," sê Iain Sallis, 'n top-trigoloog met 11 haarklinieke in die Verenigde Koninkryk en medestigter van die Internasionale Trigologie Kongres.
Skryf vandag nog in vir SARIE Voorbladgesig 2023!
Dertien jaar gelede het die eerste wenner van SARIE Voorbladgesig op ons voorblad gepryk - Alrie Velleman van Gqeberha.
Verlede jaar was Brittany Smith ons wenner.
En nou is dit tyd om ons 13de Voorbladgesig te kies. Dalk is dit jou jaar!
Dit is ook die vierde jaar dat ons SARIE Nuwe Gesig, spesiaal vir leerders van gr. 10 tot gr. 12, aanbied.
Ons vennoot van die afgelope vyf jaar, die Isa Carstens Akademie, kry boonop 'n nuwe spanmaat, African Extracts, en sáám is ons opgewonde om te sien wie vanjaar met die voorblad wegstap.
Gryp die geleentheid aan om deel te wees van iets besonders!

















