Styl

Hier is Mei se voorloper-bruide

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jacqueline Warden
Jacqueline Warden

Vandag verskyn die voorlopers van die Mei-bruide vir vanjaar in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays.

Hulle is Heloïse Kruger van Pretoria, Jacqueline Warden van Pretoria en Marize de Kock van Ceres.

Die wenbruid word Donderdag aangekondig.

Junie- en Julie-bruide, julle het nog tot Vrydag om in te skryf vir 'n kans om van die meer as R400 000 se wonderlike pryse te wen.

Heloïse Kruger
Heloïse Kruger

Skryf só in

Die kompetisie duur van 9 Junie 2022 tot 4 Mei 2023. Jy moet in 2022 trou of getrou het om te kan deelneem. Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:

a) Troudatum;

b) Bruid se naam en getroude van;

c) Bruidegom se naam en van;

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers); en

  • e) Woonadres. Beantwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was jou hoogtepunt van die troue? Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.

- Bruid: kop-en-skouer-foto

- Bruid: vollengte foto- Egpaar: foto Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf, se verantwoordelikheid om te verseker dat alle inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.) Daar word nie e-poskorrespondensie oor inskrywings gevoer nie.) E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24. com gestuur word. Geen uitsonderings vir laat inskrywings word gemaak nie.

Marize de Kock
Marize de Kock

Sperdatums

Junie- & Julie-bruide: 14 Oktober 2022.

Augustus-bruide: 11 November 2022.

September-bruide: 9 Desember 2022.

Oktober-bruide: 3 Februarie 2023.

November-bruide: 3 Maart 2023.

Desember-bruide: 31 Maart 2023.

Kontak Tanya Schoeman by tanya. schoeman@media24.com vir meer inligting.

Karla Janse van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM