
Mondspoelmiddel
Hou altyd mondspoelmiddel in jou sak om jou asem vars te hou.
Vlekroom
BB (Blemish Balm) is 'n moet vir elke handsak. Dit dien as grondlaag vir grimering, gee 'n egalige gelaat, bedek klein foutjies, hidreer jou vel en verhelder 'n dowwe gelaat.
Blosser
'n Goeie blosser kan jou geheime wapen wees. Tik liggies aan die bol van die wang of net bokant jou wangbeen vir 'n gesonde kleur.
Droë sjampoe
Ideaal vir dae dat jy nie tyd gehad het vir hare was nie. Dit gee olierige, lewelose hare nuwe woema.
Klam lappies
Vee die dag se stof en olie af voor jy nuwe grimering aanwend, of gebruik dit om grimeerfoutjies mee reg te maak.
Lipglans
Bly vroulik met 'n tikkie glans aan jou lippe. Tik ná werk 'n bietjie lipglans aan en jy is reg vir 'n aandjie uit.
Handeroom
Sorg dat jou hardwerkende hande higiënies bly, en keer droë hande met 'n sagte handeroom wat heerlik ruik.
Sonskerm
Beskerm jou vel teen skadelike strale, selfs op dae wanneer dit nie bloedig warm is nie.
Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!














