Styl

Is droë, gebarste lippe nou mode?

FOTO: Instagram (@kegrand)
FOTO: Instagram (@kegrand)

Ná 'n lang, warm somer sien ons daarna uit dat die dae bietjie koeler raak. Maar almal weet saam met die koue maande is die kans vir droë, gebarste lippe ook groter. Kyk jy egter na die modeloopplanke wil dit amper lyk asof droë, gedehidreerde lippe nou mode is …

Tydens die afgelope maand se modeweke in New York, Londen, Milaan en Parys is 'n hele paar modelle sonder enige lipstiffie op die loopplank gewaar. Dit lyk selfs of van die modelle se lippe doelbewus droog en effens gebars was. Ook op tydskrifvoorblaaie word dié nuwe tendens gewaar.

By die vertoning van die gewilde modehuise Gucci

Die Suid-Afrikaans gebore akteur Troye Sivan op die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Wonderland

Die aktrise Elle Fanning ook!

Ons is nie so seker of ons die tendens sal navolg nie …

Jou lippe verg ekstra aandag en sorg tydens die wintermaande. Omdat die vel van jou lippe dunner en delikater as die res van jou gesig is, word dit erger geaffekteer deur wind, koue en die binnelandse droë lug.

Om te keer dat jou lippe dié herfs ongemaklik voel, hier is 'n paar wenke vir sagte, soenbare lippe:

* Moenie jou lippe lek nie. Die speeksel trek vog uit jou lippe wanneer dit opdroog.

* Skilfer jou lippe af om ontslae te raak van fyn droë velletjies wat daarop opbou deur 'n oogroom of petroleumjellie aan jou lippe te smeer en dan liggies met 'n tandeborsel of waslap daaroor te vryf.

* Wend gereeld 'n ryk lipsalf aan wat bestanddele soos galambotter (shea butter) bevat. Dit streel gebarste vel en seël vog in jou lippe in.

* Gebruik 'n voedende lipolie. Dit bevat natuurlike olies wat lippe bevog, opplomp en help om fyn lyntjies te versag.

Probeer dié lipsalwe:

1. Maybelline Baby Lips SPF20 Lip Protection Balm in Hydrate (R48)

2. Blistex Regular Lip Balm (R44)

3. Eucerin Dry Skin Intensive Lip Balm (R74)

4. Labello Caring Lip Balm in Blackberry Shine (R24)

5. Clarins Instant Light Lip Comfort Oil in Mint (R315)

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM