Die popster Katy Perry het pas haar hare afgesny! Dít skaars ’n dag ná die nuus dat sy en die akteur Orlando Bloom uitmekaar is. Katy het gister twee video’s op Instagram gedeel waar sy met ’n sexy nuwe pixie-snit spog.
Katy het dié video gedeel saam met ’n onderskrif wat sê dat sy uiteindelik gereed was vir dié gewaagde haarsnit.
Haar haarstileerder het die boonste deel van haar
(nuwe) blonde hare langer gehou en die hare aan die kant en agter haar kop kort geskeer. Ons dink dit lyk supermodern en sexy!
Dis glad nie so ongewoon dat vroue (soos Katy nou) so kort ná die einde van ’n verhouding ’n dramatiese nuwe haarsnit kry nie. Dalk is hulle net lus vir iets nuuts, maar ’n korter kapsel kan ook meer oor jou verklap …
Wanneer hulle die dag "af" voel, is dit vir baie vroue ’n natuurlike reaksie om iets aan hul voorkoms te verander met die hoop dat dit hulle van binne ook sal laat beter voel, het dr. Laura Berman, ’n Amerikaanse verhoudingsterapeut en TV-persoonlikheid, verlede jaar aan die tydskrif InStyle gesê. ’n Dramatiese korter haarsnit is veral gewild omdat dit bevrydend kan voel en ’n goeie afleiding is, skryf InStyle aanlyn.
’n Korter snit is dikwels ook die eerste teken van ’n nuwe fase in ’n vrou se lewe, het Dorianne Weil, ’n kliniese sielkundige en radio- en TV-persoonlikheid van Sandton, verlede jaar aan Lydia van der Merwe van SARIE gesê. Buiten dít wys dramaties korter hare jy’s selfversekerd en kan jouself laat geld. Ook as jy meer ernstig opgeneem wil word, kan ’n moderner korter snit help, het Dorianne gesê. Lees meer hiér.
Só het Katy nog Sondag by die Oscar-aand gelyk:













