Die dae dat jy net by die vroue-afdeling koop, is verby! Mansklere is dalk net ’n beter kopie as die gewone vroue-items.
5 redes om ook by die mansafdeling te koop:
– Mansklere gaan nie so gou uit die mode nie, dus kan jy dit meer as een seisoen dra.
– Mansklere is gewoonlik heelwat langer as vroueklere, ’n pluspunt vir lang vroue of vroue wat graag meer wil bedek.
– Die mansklere sit nie te styf nie.
– Jy gaan nooit dieselfde lyk as ’n ander vrou nie.
– Manshemde het soms
beter patrone en die snitte is ook beter.
Wenke:
– Koop jou basiese items by die mansafdeling.
– Mansklere kan vleiend wees, maar soms kan dit jou laat lyk of jy ’n tent dra. Die snyersitems is die vleiendste.
Lees nou
Gooi weg jou dun belt: Hierdie trend is gróót!













