Styl

KYK: Vreemd, Vreemder, Vreemdste by die Grammy’s 2025

Trevor Noah woon die 67ste  GRAMMY Toekennings by in Los Angeles.
Trevor Noah woon die 67ste GRAMMY Toekennings by in Los Angeles. (Matt Winkelmeyer/Getty Images )

Sjoe! 'n Mens weet nie waar om te begin nie, maar een ding was nog altyd seker: dat sommige bekendes die Grammy toekenningsgeleentheid gebruik om vreemd aan te trek om die aandag trek. Terwyl ander steeds hul beste, mees stylvolle voet op die rooi tapyt neer sit.

Na jare wat Lady Gaga gereeld op die lys van beste geklede bekendes op die rooitapyt verskyn het, het sy besluit om weer terug te tap in haar kreatiewe manier van aantrek soos wat sy destyds by die Grammys in 2011 gedoen het.

Vir 'n oomblik het ons amper nie besef dit is Lady Gaga nie, want weg is die platinum blonde hare waarmee ons haar assosieer. Van kop tot toon was sy geklee in swart.

Jayden Smith, seun van Will Smith, het besluit om sy klassieke swart pak af te rond is 'n swart kasteel op sy kop net die ding.

Kanye West en sy nuwe vrou, Bianca Censori, het seker gemaak dat hulle die aandag kry deur te skok. Die sogenaamde naked dress is al vir jare aan bekendes gesien soos Cher, Beyonce en Kim Kardashian, maar hierdie naked dress laat nie veel aan die verbeelding oor nie. . .

Maar gelukkig was daar 'n paar rokke en pakke wat bewys dat styl altyd seëvier.

Sabrina Carpenter is nie net 'n Grammy wenner nie, maar was ook 'n wenner op die styl front met 'n ligte blou rok versier met vere.

Taylor Swift het koppe laat draai en was in rooi getooi met 'n klein T om haar been. Mense wonder of dit vir haar naam, of haar geliefde, Travis Kelce is.

Taylor Swift. Foto: Gallo Images.
Taylor Swift. Foto: Gallo Images.

Heidi Klum het, soos altyd, beeldskoon gelyk in haar pragtige blinker rok.

Heidi Klum: Foto deur Kevin Mazur/Getty Images vir The Recording Academy.
Heidi Klum: Foto deur Kevin Mazur/Getty Images vir The Recording Academy.

Cardi B het ook nie teleurgestel in vere nie. Haar blinker-en-vere rok het gee 'n moderne twist aan ou Hollywood glans.

John Legend bekoor ons nie net met sy stem nie, maar ook met sy styl. Sy bruin pak is verfrissend op die rooitapyt waar swart pakke altyd oorheers.

Ons eie Trevor Noah het ongelooflik stylvol gelyk in 'n Franse vlootblou pak.

Wat dink jy van die vreemde uitrustings teenoor stylvolle uitrusting?

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM