Die einde van nog 'n suksesvolle seisoen van die voorkomstransformasie-reeks Glam Guru het aangebreek. Daarmee saam het Beeld se Glam Guru-kompetisie ook tot 'n einde gekom.
Die laaste wenner van die kompetisie is Sandra Spangenberg van Marloth Park.
"Dit was nou 'n gelukskoot!" het Spangenberg verheug gesê toe sy hoor sy is binnekort 'n geskenkpak met Hannon-produkte ter waarde van R2 500 ryker.
Spangenberg werk by 'n maatskappy wat safari's reël.
Sy vertel dat sy in die verlede Hannon-produkte gebruik het.
"Maar die Covid-19-pandemie het die toerismebedryf so hard getref dat ek dit nie meer kan bekostig nie."
Juis hierom, sê sy, is dit 'n groot seëning om 'n wenner van Beeld se Glam Guru-kompetisie te wees. - Hanri Wondergem
















