Styl

Latasha is November se wenbruid

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vandag kondig ons die wenbruid aan vir November in die 2022 Beeld Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays. Sy is Latasha Engelbrecht van Boksburg - baie geluk!

Latasha is 'n verkope-administrateur en besit ook haar eie onderneming. Sy en haar man, Raymond, 'n CNC-programmeerder by TW Profile Services, ken mekaar al ses jaar. "Dit is eintlik 'n snaakse storie. Ons het ontmoet in 2017 by 'n huisbraai wat my sussie en haar verloofde beplan het. My sussie en haar man is al nege jaar saam en Raymond is my sussie se verloofde se beste vriend. So ná nege jaar van hulle verhouding het ons nie van mekaar geweet tot daardie dag van die braai nie."

Latasha sê hul troue was soos iets uit 'n sprokiesverhaal.

Latasha en Raymond Engelbrecht.
Latasha en Raymond Engelbrecht.

"My grootste inspirasie was om met my droomman te trou en die ondersteuning wat hy gebied het dat ons ons albei se drome kon realiseer. Ons absolute pragtige venue, Casablanca Manor, se asemrowende skoonheid het ons geïnspireer om 'n sprokiestroue te hê. Ons kleurskema was roosgoud en bloospienk."

Die Engelbrechts se troudagstyl was semiformeel, en alles het seepglad verloop.

"Al die voorbereiding was moeiteloos en gerieflik en ons fotosessies was gemaklik en lekker. Ek het 'n paar rokke aangepas. Ek het geweet ek soek graag 'n vloeiende rok.

Latasha Engelbrecht.
Latasha Engelbrecht.

"Met die lekkerste pas-sessie by Diamond Love Bridal het ek besluit op 'n A-lyn rok, die bokant van die rok het gepas by ons troukleure en ons troukoek. My grimering wou ek natuurlik hou omdat ek nie grimering op 'n daaglikse basis gebruik nie, so ek wou nie hê my man moes my nie herken nie! Dus wou ek dit so lig en natuurlik as moontlik hou.

"My hare het ek besluit om op te dra nadat ek my rok gekies het. Ek het 'n ‘upstyle' gekies omdat my rok se bolyf baie detail gehad het. Ek wou nie die rok wegsteek nie. Ek wou nie warm kry en sukkel met hare wat uithang nie. So dié styl was vir my die beste besluit. Ek wou ook my man se asem weg slaan, en ek het!"

Raymond se reaksie toe sy amptelik as sy vrou verklaar is, was vir Latasha die hoogtepunt van hul troue.

"Die tweede hoogtepunt was beslis ons eerste dans. Raymond dans oor die algemeen nie, hy het eers begin leer dans toe ons ontmoet het omdat ek so baie van dans hou. So vir die troue moes ons vir 'n hele paar lesse gaan. Ek kon sien Raymond offer op en sit my belange eerste."

Desemberbruide, julle het nog net tot môre kans om in te skryf.

Stuur sommer nou jou inskrywing sodat jy 'n kans kan staan om groot te wen!

Sperdatums

  • Desember-bruide: 31Maart 2023.

Skryf só in

Die kompetisie duur van 9Junie 2022 tot 4Mei 2023. Jy moet in 2022 trou of getrou het om te kan deelneem.

1. Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:

a) Troudatum;

b) Bruid se naam en getroude van;

c) Bruidegom se naam en van;

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);

e) Woonadres.

2. Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

3. Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1MB groot wees.

- Bruid: kop-en-skouer-foto

- Bruid: vollengte foto

- Egpaar: foto

4. Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.

5. Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.

6. E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag aan bruide@media24.com gestuur word. Ons maak geen uitsonderings vir laat inskrywings nie.

Karla Janse van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM