Die ontslape koning van pop, Michael Jackson, se dogter, Paris Jackson, het hierdie jaar van Hollywood begin aandag gekry.
In Januarie het sy op Rolling Stone se voorblad verskyn.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6190/b71c99ad40ce4028aca5e545dddf6a98.png
In Februarie het sy op die Grammy-musiektoekennings se rooi tapyt verskyn.
Sy het ook onlangs met Jimmy Fallon gepraat op die The Tonight Show Starring Jimmy Fallon en selfs op die voorblad van Harper's Magazine se April-uitgawe verskyn.
Nou is Paris ook ’n model - sy het ’n kontrak met die model-agentskap IMG geteken. Groot name soos Karlie Kloss, Bella Hadid, Candice Swanepoel, Gigi Hadid en Gisele Bündchen is deel van dié agentskap.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6190/5a71a11bde1745f08ff057fa06b0df6d.jpg Paris Jackson op die April 2017-uitgawe van Harper's Bazaar.













