Kort is mooi, die geheim is net om die regte klere te dra.
Die modespan noem ’n paar items wat die korteres onder ons liefs moet vermy indien ons nie nog korter wil lyk nie.
Vermy dié mode-items
#1 Tuniektops
Dit kan jou korter laat lyk, veral as dit te lank is.
#2 Rondepunt-hakskoene
Dra eerder skerppunt-hakskoene.
#3 Laag op laag
Indien jy dit nie reg doen nie, kan dit lyk of jy verdrink in jou eie klere.
Lees hier vir laag-op-laag-wenke
#4 T-hemp-rokke
Dit kan lyk asof jy so kort is dat jy jou T-Hemp as ’n rok dra!
#5 Oorgroot handsak
Omdat jy petite en klein is, kan dit maklik soos ’n oornagsak lyk.
#6 Boksvormige top
Die naam beskryf die voorkoms wat dit skep.
#7 Wyepyp-langbroek
Vermy wyepyp-langbroeke wat te lank is of van ’n pap materiaal gemaak is, want dit kan gou lyk of jy verdrink in jou broek.
Hou SARIE.com dop vir nóg wenke!













