Olivia Palermo is ’n Amerikaanse model, aktrise en modeblogger. Ons is gek oor haar styl.
Baie sjarmant in swart-en-wit
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/10/0710-Fashion-Brokkie-Image-1.jpg
Hier dra sy ’n delikate kolleromp en swart langmoutop uit die Chloé Herfs 2013-versameling. Kry die voorkoms in Spree:
Tartan-voorkoms
Sy het by die Carven Lente 2014-modeskou ’n Zara-tartanrok met ’n lang lyfie en ritssluiter aangehad. Daarby dra sy lang Stuart Weitzman-suède-stewels. Kry ’n tartan-item in Spree:
Oranje is die nuwe swart
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/10/0710-Fashion-Brokkie-Image-3.jpg Sy was van kop tot tone in Christian Dior uitgevat by die Christian Dior Lente 2014-modeskou. Sy het gespog met ’n oranje baadjie, ’n swart kantrok met ’n blokkiesbostuk, bleekpienk hofskoene en ’n koevert-palmtas. Kry die uitrusting in Spree:
DEUR JEANI TUTT – Mode-assistent – Huisgenoot en YOU
Foto’s: Elite Photo Agency, Getty Images/Gallo images, Pan Media















