Styl

Skoonheidsprodukte: Dís wanneer jy wat moet vervang

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stap 1: Versamel

Jy moet genadeloos wees: Kry al jou velsorg-, haar- en grimeerprodukte op een plek bymekaar. Pak jou handsak, kaste, motor en lessenaar uit. Jy sal makliker kan oordeel as alles op een plek is.

Stap 2: Gooi stukkendes weg

Stukkende gesigpoeier, oogskadu en lipstiffie is slordig.

Stap 3: Gooi oues weg

Hoe oud is te oud? Flesse preserveer produkte nie so goed soos lugvrye pompbottels nie.

Hier is 'n gids oor hoe lank produkte hou:

4 maande

  • Maskara

1 jaar

  • Verbloemer
  • Waterbasis-onderlaag
  • Vloeibare of jel-oogomlyner
  • Jel- of roomblosser
  • Lipglans

18 maande

  • Oliebasis-onderlaag

2 jaar

  • Poeiers
  • Poeierblosser
  • Lipstiffie
  • Naelpolitoer: Dit hang af hoe gereeld jy dit gebruik, want lug laat die tekstuur van die politoer verswak. Maak altyd die rand van die bottel skoon voor jy dit toemaak.
  • Vel- en haarsorg: Soek die ikoon van 'n flessie met 'n getal. Dit wys hoeveel maande die produk gebruik kan word nadat dit oopgemaak is.

3 jaar

  • Potlode (lip en oog): Maak hulle gereeld skerp.
  • Oogskadu

Stap 4: Vervang

Wanneer jy eers weet wat jy oorhet, moet jy besluit wat om te vervang. Hier is 'n algemene gids:

Velsorg

  • Reiniger
  • Verfrisser
  • Afskilferaar
  • Behandeling: Vir jou bepaalde probleem: aknee, pigmentasie, droogheid.
  • Bevogtiger
  • Oogroom
  • Sonbeskerming

Haarsorg

  • Sjampoe
  • Opknapper
  • Masker: Vir jou bepaalde haarbehoefte: kleurbehandelde hare, chemies beskadigde hare, droë hare, droë kopvel, olierige kopvel.
  • Aanlosbehandeling: Wortelversterker, opknapper.
  • Hittebeskermer
  • Stileerhulp: Mousse, olie.
  • Afrondingsproduk: Glanssproei of mat sproei.

Grimering

Die minimimum wat ons meen jy elke dag byderhand moet hê.

  • Onderlaag: In die formule van jou keuse: vloeibaar, poeier, BB-room, mousse, room.
  • Basislaag: Dit skep 'n egalige vel. Dit laat ook jou onderlaag langer hou.
  • Verbloemer: Om oogsakkies, vlekke en ander onvolmaakthede weg te steek.
  • Poeier: Om jou onderlaag te set, maar net as jou vel geneig is om olierig te raak.
  • Wimperkrultang
  • Wenkbroupotlood
  • Wenkbroujel: Om die oogpotlood te set en wenkbroue netjies te hou.
  • Oogskadu in 'n natuurlike skakering
  • Lipstiffie of -glans in 'n natuurlike skakering
  • Rosige pienk blosser: Dit is die vleiendste skakering vir alle veltone en -kleure.
  • Bly op hoogte met die jongste skoonheid-,mode- en dekortrends! Sluit aan by Huisgenoot se maandelikse nuusbrief "Huisgenoot Mooi" vir die lekkerste leefstylstories en raad ooralles Mooi!

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week selekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake enhartsake. Teken nou in!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM