Styl

Nuwe gier: Is die 'scrunchie' terug?

FOTO: Instagram (@mansurgavriel)
FOTO: Instagram (@mansurgavriel)

Die afgelope twee jaar herleef talle mode- en skoonheidstrends uit die 80's en 90's. Dink maar net aan die perm, helderkleurige ooggrimering, chokers en slooprokke. Nou maak nóg 'n geliefde item uit die verlede 'n terugkeer … die haar-scrunchie!

Ons sien al hoe meer hoe bekendes met dié ikoniese haarrekkie in hul hare pronk. Ook op die modeplanke word die scrunchie deesdae weer as haarbykomstigheid ingespan. Maar voor jy die gier aflag … Ons dink as jy dié vroulike bykomstigheid op die regte manier inspan, lyk dit verbasend sjiek. Kyk net hoe die bekendes dit dra.

Ariana Grande

Jennifer Lopez

Bella Hadid

Boonop is dit beter om jou gewone haarrekkie vir 'n scrunchie te verruil. Die materiaal is sagter en keer dat jou hare nie breek wanneer jy dit gereeld vasmaak nie. 'n Scrunchie is ook minder geneig om 'n skerp golf in jou hare te maak sodra jy dit uithaal.

Hier is nog scrunchie-inspirasie:

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM